Bedrogsaak van N$3,5 miljard uitgestel
Bedrogsaak van N$3,5 miljard uitgestel

Bedrogsaak van N$3,5 miljard uitgestel

Groot geheimhouding omhul ‘n saak teen drie Chinese burgers en ‘n Namibiër wat môre in die landdroshof in Windhoek voortgesit word.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - ‘n Chinese man van Ondangwa en ‘n Namibiese man van Walvisbaai het gister vlugtig in die landdroshof in Windhoek verskyn in ‘n saak wat in groot geheimhouding gehul is en waarby klaarblyklik tot soveel as N$3,5 miljard betrokke is.

Mnr. Sisa Namandje, wat namens die Chinese burger, mnr. Tao Hangzong, opgetree het, het die hof versoek om opdrag te gee dat die staat meer besonderhede oor die spesifieke aard van die klagte aan die verdediging beskikbaar stel sodat hulle behoorlik kon voorberei.

Al wat bekend is, is dat vier beskuldigdes teregstaan op klagte van bedrog en geldwassery.

Landdros Gert van Pletzen het gesê gegewe die N$3,5 miljard wat op die spel is, is dit ‘n sensitiewe aangeleentheid. Dit is egter net gepas dat die staat wel die verdediging in kennis stel van wat beweer word.

Sover van regsverteenwoordigers vir die verdediging verneem word, is ‘n lasbrief deur die polisie uitgereik rakende tien Chinese maatskappye in Namibië. Drie Chinese burgers is dusver in hegtenis geneem. Die polisie het op 16 Desember ook ‘n klopjag op die kantore van ‘n doeane-klaringsbeampte, mnr. Julius Laurentius, op Walvisbaai uitgevoer en beslag op verskeie rekenaars en dokumente gelê. Die beskuldige was nie ten tyde van die klopjag in Engeland. Ná sy terugkeer na Namibië is hy op 21 Desember op Walvisbaai in hegtenis geneem. Sy borgtogaansoek is geweier en hy is steeds in aanhouding nadat hy vroeër na die Windhoek-gevangenis oorgeplaas is.

Ondertussen het die Chinese burgers op Ondangwa in die hof verskyn. Twee van die beskuldigdes is borgtog geweier, maar Tao is borgtog van N$500 000 toegestaan, wat hy betaal het.

Senior advokaat Louis Botes, namens Laurentius, het sy ontevredenheid oor die ongelyke behandeling van sy kliënt in vergelyking met dié van Tao uitgespreek.

“Vir onbekende redes het die staat besluit om nie my kliënt dieselfde te behandel as ‘n buitelandse burger nie. My kliënt het omvangryke sakebelange in hierdie land en sy sakeondernemings is van so ‘n aard dat dit sy teenwoordigheid nodig het om te oorleef,” het hy gesê.

Hy het ook sy misnoeë uitgespreek omdat Laurentius deur die gevangenisowerhede verhinder word om kontak met sy vrou en senior personeel te hê terwyl hy in aanhouding is. Van Pletzen het hom gelyk gegee en die staat vermaan om toe te sien dat dit geskied.

Botes het die hof voorts in kennis gestel dat sy kliënt die geldigheid van sowel die deursoekingsbevel as die lasbrief vir sy inhegtenisneming in die hof sal uitdaag.

Die staat en die verdediging het ooreengekom om die saak tot môre uit te stel. Die staat sal dan die verhore van Laurentius en die drie Chinese burgers verenig. Die twee Chinese wat nog in aanhouding in die Noorde is, sal dan ook na Windhoek oorgeplaas word.

Op 3 Januarie sal formele aansoeke om borgtog gebring word.

Tao sal weer op 16 Februarie in die hof verskyn. Sy borgtog is intussen verleng tot daardie datum.

Namandje het die hof daarop gewys dat verdagmaking deur die staat oor sy kliënt en aanduidings dat die staat gaan vra dat die borgtog teruggetrek word, moet end kry. “Die staat kan nie voorgee dat my kliënt onwettig vrygelaat is nie. ‘n Landdros op Ondangwa het borgtog aan hom toegestaan,” het Namandje gesê.

Die saak duur môre voort.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%