Beatrice se voorbeeld
Beatrice se voorbeeld

Beatrice se voorbeeld

Dani Booysen
Dani Booysen - Die manier waarop me. Beatrice Sitali van Rundu haar eie en ander vroue se lewens deur ontwikkeling probeer verander, moet medeburgers inspireer om hul lot in eie hande te neem.

Wat eers ‘n ondersteuningsgroep was vir mense wat met MIV/vigs lewe, is nou ‘n groenteboerdery wat ook slagoffers van geslagsgeweld en skoolverlaters onderskraag.

Sitali se projek begunstig nie net vroue daarby betrokke nie, maar ook hul gesinne en families. Die helende en opheffende uitkringeffek van sulke mikroprojekte moet nooit onderskat word nie.

“As jy bedel, sluit jy jou gedagtes af om dinge vir jouself te doen. Staan op en doen iets,” vertel Sitali in gister se uitgawe oor een van die belangrikste lesse wat sy by haar moeder, Simushi, geleer het.

Ondersteuningstrukture vir entrepreneurs is belangrik om armoede te beveg, maar die eerste tree is die kopskuif om uit eie wil verandering te weeg te bring. Die toets is dan om die skouer teen die wil te hou.

Die projek wys ook die groot verskil wat ander beleggers se ondersteuning maak. In dié geval het Namcor en die eerste dame se One Economy Foundation gehelp om ‘n sampioenkweekhuis vir die groep op te rig.

Hierdie positiewe stories is nodig om ‘n groter golf van meelewende betrokkenheid en opheffing te skep.

Deel jul inspirasionele stories met ons. Sodat ons dit aan die res van Namibië kan vertel.

So sê ander

28 Januarie 2019

Die Burger sê

Bewerings oor grootskeepse korrupsie met grondhervormingsprogramme sal die internasionale gemeenskap, insluitend die “groot visse” wat pres. Cyril Ramaphosa sê hy in Davos vang, met nog groter sinisme laat kyk na planne vir onteiening sonder vergoeding.

Wat almal moet begryp, is dat ordelike en deurdagte grondhervorming in landsbelang is. Daarom sou dit ’n fout wees as boere die saak die rug toekeer in antwoord op die ANC se korrupsie, onbeholpenheid en bontpratery. In die bedryf is uitmuntende voorbeelde van bemagtigingsprogramme en deeleienaarskap wat die regering se vordering tot dusver in die skande steek.

Hoe kan jy dit regverdig om eiendom te vat van mense wat dit regmatig bekom het as jou eie staatsmasjinerie so vol korrupsie is dat jy nie eens kan sorg dat diegene wat opgehef kan en moet word voordeel daaruit trek nie?

• DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...