Bate-uitruiling gee reserwes ‘n hupstoot
Jo-Maré Duddy – Namibië se buitelandse reserwes teen die einde van November het N$25 miljard beloop, genoeg om vir sowat 3,3 maande se invoere te betaal.
Mnr. Ipumbu Shiimi, die president van die Bank of Namibia (BoN), het dié syfer tydens die monetêre beleidsaankondiging vanoggend bekend gemaak.
Bate-uitruilings van N$5 miljard met die Staatsdienspensioenfonds (GIPF), asook die sentrale bank van Angola wat sy skuld terugbetaal, het vir die hupstoot in buitelandse reserwes gesorg, het Shiimi gesê.
Die aanvaarde standaard vir voldoende buitelandse reserwes is drie maande se invoerdekking.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie