Basson teen Kriel in vertoonwedstryd
Topklas aksie wag by Wanderers-muurbal tussen twee pas gekroonde kampioene.
Tielman van Lill - Die 19-jarige Kyle Kriel (bynaam Kool Aid) wat verlede Saterdag die A-afdeling van die Visions Consulting ope muurbaltoernooi in Pionierspark ingepalm het, swaai môre in 'n vertoonwedstryd vir liefdadigheid die raket teen nog 'n wenner van 'n week gelede.
Kriel sal om 13:30 teen die 44-jarige Michau Basson (Big Boy), die wenner in die A-afdeling van die Pionierspark-apteek meesterstoernooi op die baan stap om vir die Eros-weeshuis geld in te samel.
Op die banier waarmee die vertoonwedstryd geadverteer word, word geskerts dat die twee se swak punte teen mekaar opgeweeg word.
Kriel, wat by Windhoek Gimnasium skoolgegaan het, sukkel glo soms met nattigheid agter die ore en Basson, oudskolier van Windhoek Hoërskool in die vroeë 1990's, raak vergeetagtig.
Steven Berry, voorsitter van Wanderers-muurbalklub, nooi geesdriftiges van die sport om die inisiatief te ondersteun.
“Ek rig namens Wanderers 'n amptelike uitnodiging aan almal om die vertoonwedstryd tussen twee van Namibië se voorste elite spelers te kom kyk.
“Dit gaan 'n watertand affêre wees waar die opwindende jong talent Kriel (tans nommer twee in die land) en Basson (nommer 8 op die ranglys) mekaar pak om fondse en ander middele vir die Eros-weeshuis in te samel.
“Ons doen dit elke jaar met 'n liefdadigheidsorganisasie van die klub se keuse en ons wil graag klere, linne, onderklere en skryfbehoeftes skenk en ook met die onderhoud van die weeshuis help. Mense kan basies enige ding bring.
“Wanderers-muurbal wil bitter graag die kinders help wat in omstandighede geplaas is waaroor hulle geen beheer het nie.
“Kom geniet 'n heerlike dag met die gesin en ons hoop om almal daar te sien. Geen toegangsgeld word gehef nie, maar ons vra vir skenkings in enige materiële vorm en as mense kontant wil bydra, is dit ook welkom. Kom maak 'n verskil, dis vir 'n goeie doel,” het Berry entoesiasties gesê.
Vir navrae kan Berry by sel. 081 787 9124 of e-pos [email protected] bereik word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie