Baskiese hoender
Bestanddele:
30 ml olyfolie
8 repe spek
4 elk hoenderboudjies en -dytjies
'n knippie rissiepoeier
1 geel of rooi soetrissie, in repies gesny
3 takkies tiemie 1 blik (400g) gekapte tamaties
30 ml gekapte platblaarpietersielie
Metode:
1. Verhit die olyfolie in ’n swaarboomkastrol en braai die spek tot bros. Skep uit en braai nou die hoender in dieselfde pan tot oraloor mooi bruin.
2. Geur die hoender na smaak met sout, peper en rissiepoeier. Voeg die soetrissie by en braai ’n paar minute.
3. Skep die spek terug in die pan, voeg die tiemie en tamaties by, sit die deksel op en laat prut 20–30 minute of tot die hoender gaar is. Strooi die pietersielie oor en sit voor met die stysel van jou keuse om al die sous op te slurp.
Lewer 6 porsies
-Netwer24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie