Basaar vir liefdadigheid

Tanja Bause
Die kuns- en kosbasaar van die Vere-niging van Diplomatieke Gades (ADS) is die naweek vir die sesde keer in Windhoek gehou. Tydens die gewilde tentoonstelling van verskillende kulture is net minder as N$70 000 vir liefdadigheid ingesamel. Dié jaar gaan die meeste van die geld vir die opknapping van die geestesgesondheidsafdeling by die Windhoek Sentrale Hospitaal gebruik word. Besoekers kon Saterdag disse van 20 verskillende lande proe, terwyl tradisionele dansers hulle vermaak het. Die ADS-kinderkoor, wat uit veertien kinders van oral in die wêreld saamgestel is, het gaste met onder meer “Heal the world” vermaak. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2026-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer