Barrett bly bobaas in gevreesde 'Bronco'

22 May 2020 | Sport
Damian McKenzie is blitsig, maar dié vlugvoetige All Black-agterspeler kon nie gister 'n mede-All Black, Beauden Barrett, se rekord in die gevreesde “Bronco”-fiksheidstoets oortref nie.

Die Bronco is 'n standaardtoets wat Nieu-Seeland se Superrugby-spanne, asook die All Blacks, in die voorseisoen gebruik om spelers se fiksheid en vermoë om in volle vaart van rigting te verander, te bepaal.

Die Bronco se totale afstand is 1,2 km en bestaan uit stelle naellope, wat onderskeidelik oor 20, 40 en 60 m afgelê word.

Barrett, wat hom vanjaar by die Blues in Auckland aangesluit het, het Maandag 'n Kiwi-rekord van vier minute en 12 sekondes behaal toe hy die Bronco gedoen het.

Dit was 'n volle agt sekondes vinniger as sy vorige beste tyd.

Daar was groot opwinding voor McKenzie gister dié toets afgelê het, nadat die All Black-fiksheidsafrigter, Nic Gill, vroeër vandeesweek gesê het hy glo McKenzie (Chiefs) kan Barrett se tyd uitdaag.

“Hy het vuurpyl-stewels, maar geen wêreldrekords is gebreek nie,” het Tabai Watson, 'n hulpafrigter van die Chiefs, geantwoord toe hy gister gevra is hoe McKenzie toe gevaar het.

Volgens Watson was dié blitsbuks, wat heelagter en losskakel kan speel, se tyd “iewers in die 4:20's”. Dit was steeds die vinnigste tyd deur 'n Chiefs-speler.

Die voormalige All Black-kaptein Richie McCaw, wat in sy fleur as een van die fiksste spelers ter wêreld bestempel is, het 'n persoonlike beste tyd van 4:56 in die Bronco gehad, het stuff.co.nz vroeër dié week berig.

McCaw was egter 'n losvoorspeler en heelwat swaarder as Barrett en McKenzie.

Nieu-Seelandse Superrugby-spelers het Maandag die eerste keer sedert Maart weer begin oefen. Hulle sal van 13 Junie af in 'n plaaslike reeks speel, wat as plaasvervanger dien vir die Superreeks, wat weens die Covid-19-pandemie opgeskort is. – Netwerk24, Reuters

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

24th of May 10:45 | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...