Bannon su00ea Withuis het hom beveel om te swyg
Bannon su00ea Withuis het hom beveel om te swyg

Bannon sê Withuis het hom beveel om te swyg

Die net van die intelligensie-komitee van die Amerikaanse kongres en die van die spesiale ondersoekbeampte van die Departement van Justisie span al stywer om die Trump-Withuis.
NAMPA
Die voormalige raadgewer van pres. Donald Trump van Amerika, Steve Bannon, het Dinsdag geweier om vrae van ‘n komitee van die Amerikaanse kongres, wat ondersoek instel na die verkiesingsveldtog se bande met Rusland, te antwoord.

Bannon sê hy is deur die Withuis opdrag gegee om nie te antwoord nie.

Bannon is vrywilliglik agter geslote deure deur die Huis van Verteenwoordigers se Intelligensie-komitee ondervra. Dit is die eerste keer wat hy getuig het oor moontlike sameswering tussen Trump se span en Rusland om die uitslag van die 2016 verkiesing te beïnvloed.

Dit is onwaarskynlik dat dit Bannon se laaste getuienis sal wees. Die New York Times en die Washington Post het laat Dinsdag berig dat Bannon deur Robert Mueller, die Departement van Justisie se spesiale ondersoekbeampte na dieselfde kwessie, gedagvaar is.

Dit maak Bannon die eerste persoon uit Trump se binnekring om ‘n dagvaarding van Mueller te kry. Mueller ondersoek ook of Trump die gereg gedwarsboom het.

Voor die Intelligensie Komitee het Bannon geweier om vrae te antwoord en "executive privilege" aangevoer, wat presidente toelaat om inligting van die publiek te weerhou.

"Bannon en sy prokureur het ‘n besonder breë definisie van “executive privilege," het Jim Himes, ‘n Demokratiese lid van die komitee gesê.

"Onthou, dit is die president wat “executive privilege” het. So, hulle het teruggegaan en met die Withuis geraadpleeg. Die Withuis het gesê enige iets wat gebeur het, enige kommunikasie wat plaasgevind het terwyl Bannon in die Withuis was, of tydens die oorgangsperiode, alle kommunikasie is onaantasbaar,” het Hines gesê.

Ná ‘n dagvaarding op Bannon beteken is en daar weer met die Withuis beraadslaag is, het Bannon "dieselfde instruksie gekry. Basies, ‘ons gee nie om of dit ‘n verpligte of vrywillige proses is nie, ons beveel jou.' Sodoende het vir alle praktiese doeleindes ‘n muilband in plek geplaas,” het nog ‘n Demokratiese lid van die komitee, Adam Schiff gesê.

Onbelemmerde getuienis deur Trump se vervreemde politieke strateeg kon ‘n opskudding veroorsaak het. Hy was in die voorste gestoeltes as hoofbestuurder van die 2016 verkiesingsveldtog in die finale maande en ‘n top adviseur in die eerste sewe maande van die Trump-administrasie. – Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2025-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer