Bankwerker slaan op vlug
Bankwerker slaan op vlug

Bankwerker slaan op vlug

Dani Booysen
‘n Werknemer by Bank Windhoek se tak op Opuwo het Saterdagoggend groot bedrog en diefstal gepleeg voordat hy met ‘n vriend se motor na Oshakati gevlug het.

Volgens die polisie se misdaadbulletin het die verdagte tussen 08:00 en 11:00 ‘n totale bedrag van N$729 800 na vyf verskillende bankrekeninge oorgeplaas. Die geld is deur verskeie besighede by die tak inbetaal.

Hy het na bewering toe ‘n onbepaalde som geld gesteel en ongesiens uit die bank geglip.

Die diefstal is eers met sluitingstyd opgemerk. Die oorplasings is gekanselleer.

Die voortvlugtende het sy vriend se motor in ‘n parkeerarea in Oshakati gelos en hom laat weet die sleutels is by ‘n vulstasie. Die polisie het die voertuig herwin, maar die verdagte was teen gister nog op vrye voet.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer