Bankverligting teen Covid-19
Kliënte in goeie stand kan by die meeste handelsbank vir die vermindering van fooie en terugbetalings in aanmerking kom.
Augetto Graig
Handelsbanke in Namibië moedig kliënte, wie se inkomste weens Covid-19 onder druk is, om hul banke vir moontlike finansiële hulp te benader.
Verskeie ingrypende stappe word geneem om die ekonomie te beskerm en rekeningbedrywighede van bankkliënte vlot te laat voortgaan.
FNB Namibia se woordvoerder, me. Elzita Beukes, sê hulle het onmiddellik bankfooie verminder en sekere transaksies, veral deur hul aanlyntoep, verniet aangebied.
“FNB Namibia het reeds meer as N$6,5 miljoen begroot vir verminderings in fooie en bankkoste, om kliënte oor die volgende drie maande te ondersteun. Terselfdertyd het ons ‘paaiementvakansies’ geïnisieer vir kwalifiserende kliënte wat deur Covid-19 geraak word,” het sy die afgelope week gesê.
Beukes sê FNB pas afslag op transaksiefooie tot einde Junie toe en het digitale toegang tot sy dienste uitgebrei, om goedgekeurde kliënte te help om hul kontantvloei in terme van paaiemente op huislenings, voertuigpaaiemente, batefinansiering en persoonlike lenings te bestuur.
“Verligting word ook gegee deur die heffing van nul persent fooie op enige terugbetaling oor die drie-maande periode, asook hulp met die prosessering van eise vir kredietversekering,” brei sy uit.
Dié bank bied ook hulp aan kleinbesighede met ’n omset van minder as N$10 miljoen, terwyl FNB se filiaal OUTsurance ’n 15% afslag op hul versekeringspremie vanaf Mei aan alle polishouers bied, sê sy.
“Ons pogings word verskerp om kliënte te help. Hoewel ons oorval word met aansoeke, glo ons dat ons ingryping ons kliënte sal help,” sê sy.
• Standard Bank Namibia het op 30 Mei gesê sy evaluering van die impak van Covid-19 dui aan verligting ten opsigte van leningsfasiliteite is vir hul kliënte noodsaaklik.
Aan kliënte in die toerisme- en jagbedryf bied die blou bank “vakansies” van tot 12 maande op terugbetaling van kapitaal en rente.
Klein en medium ondernemings met omset van minder as N$10 miljoen per jaar, kan ook vir tot ses maande se onderbreking van terugbetalings tot 30 September kwalifiseer, ongeag die bedryf waarin hulle betrokke is.
Op studielenings word geen rente vir drie maande tot 30 Junie gehef nie, waarna die situasie hersien sal word.
• Volgens me. Selma Kaulinge, Nedbank Namibia se woordvoerder, het hulle met die nasionale inperking al hul kliënte direk, skriftelik, per e-pos en deur SMS-boodskappe gekontak om hulle in te lig van verligting wat die bank bied.
Nedbank bied oortrokke fasiliteite, onderbrekings van tot drie maande in terugbetaling, tot 5% verlaging van terugbetalings op kredietkaarte, asook lenings teen bestaande bates.
• Letshego Holdings Namibia bied hul kwalifiserende kliënte ook drie maande terugbetaling onderbreking, effektief vanaf 1 April 2020. Kliënte kan per SMS hiervoor aansoek doen.
Volgens me. Ilke Platt van Poiyah Media, Letshego se woordvoerders, was daar ’n misverstand dat alle kliënte hiervoor toestaan.
“Hierdie verligting is ingestel om die finansiele las te verlig vir kliënte wat inkomsteverliese weens die pandemie kan toon, en in goeie stand met Letshego is,” sê sy.
Meer as 10 000 aansoeke is deur Letshego ontvang en meer as 300 is goedgekeur, “en amper ’n halfmiljoen dollar se verligting is sedert 7 April toegeken,” sê Platt.
• Teen druktyd gister is geen amptelike terugvoering hieroor van Bank Windhoek ontvang nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie