Banke steun reusediamantskip
Banke steun reusediamantskip

Banke steun reusediamantskip

Handelsbanke dek sowat 80% van dié N$7 miljard-projek.
Augetto Graig
Augetto Graig - Alle Namibiërs behoort trots te wees op Debmarine Namibia se nuwe reusediamantskip.

Só het mnr. Otto Shikongo, die mariene diamantmyn-onderneming se uitvoerende hoof, oor sy maatskappy se N$7 miljard-aandeel in die bou en aanskaffing van ’n splinternuwe, tegnologiese wêreldleier van ’n diepsee- diamantmynskip gesê.

“Ek kondig vandag met trots ons vennootskap met die vyf handelsbanke teenwoordig aan,” het hy verlede Woensdag gesê.

Debmarine sal met Bank Windhoek, Nedbank, FirstRand Bank, Standard Bank Namibia en Absa Bank saamspan om N$5,6 miljard in die bou van die vaartuig te belê.

Die lening is gelykstaande aan US$375 miljoen, of 80% van die onkoste van die nuwe skip, terwyl Debmarine die oorblywende N$1,4 miljard self sal dek.

Die transaksie sal Debmarine Namibia in staat stel om ’n mariene diamantvaartuig met wêreldklas operasionele vermoëns aan te skaf.

Die skip sal vir mariene diamantherwinningsbedrywighede aan Namibië se suidkus in die Atlantiese Oseaan, in die 1-mynlisensie-gebied, aangewend word.

Volgens me. Shirley Webber, Absa se hoof van natuurlikehulpbronverhoudings in die metaal- en mynboubedrywe, het dié transaksie van betekenisvolle afmetings.

“Absa is baie positief oor die toekoms van diamante,” het sy gesê.

Webber voorspel die aanvraag na diamante sal die aanbod oorskry ná ’n afname van sowat 2% in wêreldproduksie die afgelope jare.

Sy het gesê Namibiese diamante het besonderse waarde en die aanvraag na Namibiese diamante gaan bly toeneem.

Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir korporatiewe banksake, mnr. Lukas Nanyemba, het gesê: “As 'n katalisator van volhoubare geleenthede glo Bank Windhoek dié soort kapitaalprojekte maak vordering en groei moontlik – nie net in sleutelsektore nie, maar ook van die ekonomie as geheel.”

Nanyemba sê die banksektor as geheel het weer eens bewys saam kan hulle ’n betekenisvolle rol speel om groei en die ontwikkeling van nywerhede te verseker, wat uiteindelik ekonomiese vooruitgang vir Namibië sal beteken.

Standard Bank se uitvoerende hoof, mnr. Vetumbuavi Mungunda, het die belangrikheid van korporatiewe entiteite beklemtoon wat saamwerk om gesamentlike oplossings vir uitdagings te vind.

Hy het ook die belangrikheid van openbare-private vennootskappe (PPP’s) beklemtoon en het die regering versoek om samewerking van dié aard meer dikwels te ondersoek.

Standard Bank behartig N$1,5 miljard van die totale bedrag.

Shikongo het tydens die geleentheid oor Debmarine se prestasies gespog.

Die onderneming behels ’n vennootskap tussen die staat en De Beers, die internasionale diamantreus, wat laas jaar N$2,4 miljard tot die regering in inkomstebelasting en tantième bygedra het.

“Toe ons met werksaamhede in 2002 begin het, het ons 500 000 karaat gelewer en het Debmarine Namibia 330 werknemers in diens geneem, waarvan net 14% Namibiërs was. Ons het drie diamantmynskepe gehad en een eksplorasieskip gehuur.

“Oor die jare heen het die onderneming uitgebrei en ons werksmag het tot 1 000 werknemers vergroot van wie 86% Namibiërs is.

“Debmarine besit nou vyf diamantmynskepe: die Debmar Atlantic, die Debmar Pacific, die !Gariep, die Grand Banks en die Mafuta, plus een eksplorasieskip, die SS Nujoma. Ons huur ook die diamantmynskip, die MV Coral Sea. Jaarlikse produksie is nou meer as 1,2 miljoen karaat,” het hy gesê.

Volgens Shikongo is die maatskappy se belegging in nuwe tegnologieskepe die kern van hul prestasies en toename in produksie.

“In werklikheid was hierdie projek deel van die belegging wat Debmarine Namibia in die SS Nujoma vier jaar gelede gemaak het. Die SS Nujoma het die AMV3 (die nuwe skip se tydelike naam) moontlik gemaak,” het hy gesê.

“Teen 2022 sal Debmarine Namibia N$10 miljard in sewe jaar belê het en werksgeleenthede vir 300 werknemers geskep het,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%