Bankamptenaar erken reusebedrog
Bankamptenaar erken reusebedrog

Bankamptenaar erken reusebedrog

'n Voormalige bankwerknemer het gister in die hoërhof in Windhoek skuld op 288 klagte van bedrog erken.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Mark Wayne van Wyk (29) se liefde vir partytjies en onthaal is deur gesteelde geld gefinansier, het hy gister voor regter Naomi Shivute in die hoërhof in Windhoek erken.

In 'n skulderkenning wat deur Van Wyk se regsverteenwoordiger, mnr. Jan Wessels, aan die hof voorgelees is, sê hy dat hy tussen 19 Januarie 2013 tot aan die einde van Augustus 2015, toe hy in diens van Standard Bank Namibia se Gobabis-tak was, bedrog gepleeg het.

Volgens die klagstaat het Van Wyk geld na bankrekeninge in sy eie naam, asook dié van familie, vriende en kennisse oorgeplaas. Dít het hom 288 klagte van bedrog, alternatiewelik diefstal, op die hals gehaal.

Van Wyk, wat as rekeningondersteuningskonsultant en batebewaarder by die bank in diens was, het gister aan die hof gesê hy het sy eie wagwoord, sowel as sy kollegas s'n gebruik om toegang tot die bank se rekenaarstelsel te verkry om dié oorplasings te maak.

In sy skulderkenning sê Van Wyk verder hy was 'n spanleier wat onder meer verantwoordelik vir toesig oor ander rekeningondersteuningskonsultante en batebewaarders was.

Van Wyk het 'n mandaat gehad om toesig oor transaksies op die bank se interne inkomste-renterekening te hou en ook om die balansering van die tesourie ten opsigte van dié rekening te behartig.



BANKSTELSEL GEMANIPULEER

“Ek het die bankstelsel op bedrieglike wyse gemanipuleer om betalings vanuit die bank se interne inkomste-renterekening in my persoonlike rekeninge en die rekeninge van my vriende, familielede en kennisse oor te dra,” het hy in die skuld­erkenning gesê.

Hy sê verder hy het die mense na wie se rekeninge hy die geld oorgedra het, aangesê om die geld te onttrek en dit te oorhandig aan hom of aan iemand wat deur hom genomineer is.

“By ander geleenthede het ek die mense versoek om hul debietkaarte aan my te gee waarop ek geld by ver­skeie kitsbanke getrek het of die kaarte gebruik het om aankope te doen.”

As gevolg hiervan het Standard Bank Namibia 'n verlies van N$1 604 217,60 gely.

Tydens sy getuienis gister in die hof het Van Wyk gesê hy het bedrog begin pleeg omdat sy salaris nie voldoende was nie.

Afgesien van lenings wat hy moes terugbetaal, moes hy ook vir sy ouers en grootouers sorg. Hy het egter erken 'n deel van die geld is op drank, partytjies en onthale spandeer.

Op 'n vraag deur staatsadvokaat Salomon Kanyemba oor geld wat hy op dobbel verkwis het, het hy geantwoord: “Ek het probeer om uit die gemors te kom waarin ek myself laat beland het. Ek wou die indruk skep dat ek baie geld gehad het.”

Van Wyk het ook vertel die bank se renterekeninge is nie “dopgehou” nie en dit het hom in die versoeking gelei.

Hy het voorts gesê hy het skuldig gepleit omdat hy wil boet vir wat hy gedoen het. Weens sy afdanking en skulderkenning het hy reeds sy pensioenvoordele verbeur.

Ná gister se hofverrigtinge het die regter beveel dat Van Wyk onmiddellik in hegtenis geneem word.

Betoë vir vonnisoplegging word vandag gelewer.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%