• Tuisblad
  • Gesondheid
  • Bank Windhoek sluit hooftak, Auas Valley- en Ashirwad-agentskappe weens Covid-19
Bank Windhoek sluit hooftak, Auas Valley- en Ashirwad-agentskappe weens Covid-19
Bank Windhoek sluit hooftak, Auas Valley- en Ashirwad-agentskappe weens Covid-19

Bank Windhoek sluit hooftak, Auas Valley- en Ashirwad-agentskappe weens Covid-19

Henriette Lamprecht
Bank Windhoek het sy hooftak in Windhoek, sowel as die Auas Valley en Ashirwad-agentskappe gesluit wat van hier af bedien word. Dit volg nadat een van sy werknemers by die tak positief vir Covid-19 getoets het. Die tak is volgens 'n verklaring reeds ontsmet en as 'n voorkomingsmaatreël is alle werknemers opdrag gegee om tuis te isoleer. Die tak maak Woensdag weer oop. Kliënte word aangemoedig om eerder van die bank se digitale platforms soos iBank, EasyWallet en selfoonbankdienste gebruik te maak.
Ander takke is oop tydens normale besigheidsure.


Kommentaar

Republikein 2025-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer