Bank steun Hennie de Waal Sportfees
Skolesport
Bank Windhoek het met trots aangekondig dat hy as hoofborg optree van die jaarlikse Hennie de Waal Sportfees wat vandag by die sportvelde van die Hoër Tegniese Skool begin en tot Saterdag voortduur.
Die sportfees, in sy 22ste bestaansjaar, is vernoem na een van HTS se gewese onderwysers, wat die fees ter viering van Namibië se onafhanklikwording op die been gebring het.
Onder 15- en o.19-spanne van 23 skole sal op die netbalbaan, rugby- en sokkerveld kragte meet.
Die besoekende Prince Edward Tigers van Zimbabwe is die enigste wat van buite die landsgrense kom.
Die ander deelnemende skole is M&K Gertze, Academia, Dawid Bezuidenhout, Dr. Lemmer, Jan Möhr, PK de Villiers, Mariental, die Mariental Akademie, HTS, Windhoek Hoërskool, Windhoek Gimnasium, Noordgrens, Delta, Combretum, Highlands Christian School, St. Paul's College, Highline, Centaurus, DHPS, Rehoboth Hoërskool en Ella du Plessis.
verskeie sportkodes
Die rugby- en netbalwedstryde word by HTS afgehandel, terwyl die sokker by die aangrensende Academia Hoërskool-veld gespeel word.
“Ons verwag nagenoeg 800 spelers in die verskeie sportkodes, asook tussen 4 000 en 5 000 toeskouers,” sê die organiseerder van die byeenkoms, mnr. Claus Schmidt.
“Dit is meestal staatskole wat betrokke is. Ons beskou dit as belangrik om netbal, rugby en sokker op skoolvlak te ontwikkel sodat die spelers 'n platform het om hul vaardighede te slyp.
“Talle skole gebruik hierdie naweek om hul vlak van gereedheid vir die komende seisoen te toets. As skool bedank ons Bank Windhoek vir sy bydrae om vanjaar se geleentheid moontlik te maak.”
Bank Windhoek se bedryfsbeampte vir bemarking en korporatiewe kommunikasie, me. Jacquiline Pack, sê dit is vir die bank 'n eer om deel van die tradisieryke sportgeleentheid te wees.
“Omdat ons identiteit en ingesteldheid so naby verbind is met die welstand van ons land, deel ons in die verantwoordelikheid om 'n positiewe verandering te maak. Dit help skep 'n omgewing vir bemagtiging en vooruitgang.
“Die sportfees is 'n inklusiewe platform waar skole van elke uithoek van die land hul vaardighede kan ten toon stel en dit ontwikkel, wat ewe belangrik is. Volgehoue ontwikkeling van hierdie sportkodes op skoolvlak help spelers om hulle vir die toekoms voor te berei,” sê Pack.
Toegang beloop N$10 per persoon en N$20 per voertuig. Leerders in skooldrag kry gratis toegang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie