Bank steun gholfdag vir Unam-studente
Bank Windhoek sluit vanjaar by ander korporatiewe maatskappye aan ter ondersteuning van die Universiteit van Namibië se Chancellor's Charity gholfdag, wat komende Vrydag by die Windhoek Buiteklub aangebied word. Die opbrengs van die jaarlikse gholfdag is bestem vir die Student Hardship Fund, 'n trustfonds wat kwalifiserende Unam-studente bystaan wat onvoorsiene finansiële terugslae ondervind om hul studies te voltooi. Die Unam-stigting het sedert sy ontstaan reeds meer as N$4 miljoen bestee om duisende behoeftige studente by te staan wat sodoende kon gradueer en betekenisvol tot nasiebou bydra, sê die stigting se direkteur, me. Lorna Mbwale. Die naweek se gholfdag het 'n ambisieuse doelwit gestel om N$1 miljoen in te samel. Op die foto is Bank Windhoek se hoof van korporatiewe maatskaplike belegging, borgskappe en geleenthede, me. Bronwyn Moody (links), saam met die direkteur van die Unam-stigting, me. Lorna Mbwale. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie