Bank maak €28 miljard se ‘foutjie’
Duitsland se grootste bank, Deutsche Bank, het erken hy het “per ongeluk” €28 miljard (sowat R420 miljard) na die Deutsche Boerse Eurex (DBE) oorgeplaas.
Dié oorplasing wat op 16 Maart gemaak is, is meer as wat die bank – wat op €24 miljard gewaardeer word – werd is, berig AFP.
Die bank sê hy moes wel ’n oorplasing na DBE maak, maar sê ’n baie kleiner bedrag moes oorgeplaas word.
Die bank blameer probleme met sy rekenaarstelsel en beheermaatreëls vir die fout.
Hy het die fout onmiddellik reggestel.
Die fout is gemaak kort voordat Deutsche John Cryan, sy uitvoerende hoof, in die pad gesteek het.
Cryan is in 2016 by die bank aangestel om beheerstelsels en risikobestuur by die bank te verbeter.
Die bank is sedert die finansiële krisis in 2008 steeds nie winsgewend nie.
Sy aandeelprys het die afgelope twee jaar met meer as 50% tot €11,57 gedaal.
Deutsche het Woensdag aangekondig Kim Hammonds, hoof van inligtingstegnologie en infrastruktuur, het bedank.
Sy het die bank as die “mees wanfunksionele maatskappy” waarvoor sy ooit gewerk het, beskryf. – Netwerk24/Fin24, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie