Bank belê in opvoeding
Standard Bank het onlangs N$200 000 aan 84 leerlinge en 28 skole geskenk.
Die oorhandiging het op 27 Januarie tydens die jaarlikse prysuitdeling van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur plaasgevind.
Maatskappye in die private sektor sien dié prysuitdeling as 'n geleentheid om leerlinge wat goed gevaar het in hul Junior Sekondêre Sertifikaat- (JSC) en Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat(NSSC)-eksamens, te beloon.
Standard Bank se waarnemende hoof van bemarking en korporatiewe maatskaplike belegging, me. Sigrid Tjijorokisa, het tydens die oorhandiging gesê die prysuitdeling is die gevolg van drie karaktereienskappe: harde werk, volharding en die vermoë om uitdagings die hoof te bied.
Tjijorokisa het verduidelik die oorhandiging vind plaas deur die “Investing in Academic Excellence”-projek, wat in 2010 deur die bank begin is en gemik is op die verbetering van akademiese prestasie by skole in al 14 streke.
Die bank spoor akademiese uitnemendheid aan deur die topdrie graad 10- en graad 12-leerders in elke streek met kontant te beloon.
Die toppresteerders in elke streek in graad 10 en 12 ontvang N$4 000 elk, terwyl die naaswenners onderskeidelik N$3 000 en N$2 000 ontvang. Die toppresteerder in elke streek se skool ontvang N$1 000.
Standard Bank het die afgelope vyf jaar N$1,3 miljoen in onderwys belê.
Benewens die kontantpryse, het Tjijorokisa ook aangekondig dat Standard Bank beurse aan drie verdienstelike leerders toegeken het.
Hulle is Erich Tsauseb wat 42 punte ingeoes het, Samira Alex wat 52 punte behaal het, en Andres Shiimi. Sewe leerders het beurse by die bank gekry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie