Balt die kolfheld vir o.19’s
Krieket
Tielman van Lill – Die eerste wenpunte is in die sakkie vir die Namibiese junior span wat in Kigali, Rwanda ’n aanslag op die kontinentale uitduntoernooi op die o.19 Wêreldbeker van stapel stuur.
Namibië (112/3 in 21.4 boulbeurte) het gister sy openingswedstryd teen Uganda (125 almal uit) met sewe paaltjies gewen, op grond van die Duckworth-Lewis-Sternmetode.
Weens reën het 15 boulbeurte verlore gegaan en ná die hervatting is Namibië se teiken tot 111 in 35 boulbeurte verstel.
JC Balt, met ’n briljante 72, het die gros van sy span se lopies aangeteken wat teen 5.16 lopies per boulbeurt geslaan is. Nadat Balt vroeër ook drie paaltjies en twee vangskote geneem het, was hy onteenseglik die speler van die wedstryd.
Die junior Eagles se wedstryd het nie wonderlik begin nie.
Dylan Leicher se senuagtige eerste boulbeurt het begin met ’n vierhou, 2 wydlopers asook ’n foutbal wat Ronald Opio (op nommer 1) en Uganda op 9/0 laat glimlag het. Weliswaar vir die laaste keer.
Renier Bosman (2/17 in 8, 4 leeg) was Namibië se suinigste bouler, maar Balt (3/28 in 9) eis die meeste paaltjies. Volschenk (2/14 in 2.3), Wilmot (2/17 in 3) en Leicher (1/23 in 4) is ewe bedrewe. Net De Waal (0/16 in 2) kry nie kans om behoorlik sy kleim af te steek nie.
So het die Eagles gekolf
1 Ryan Moffett (6 van 17 b, 1x4, gevang Ategeka, geboul Miyaji)
2 JC Balt (72* van 71 b, 5x4, 4x6)
3 Gerhard Janse van Rensburg (0 van 2 b, uitgehardloop)
4 Ramon Wilmot (10 van 30 b, geboul Murungi)
5 Alexander Volschenk (5* van 10 b).
Die junior Eagles speel vandag teen Tanzanië – wie se krieket glad nie mis te kyk is indien die onlangse vertoning van sy vrouespan as ’n maatstaf dien nie.
Die Namibiërs sal ook deegelik bewus bly dat hulle geen glips kan bekostig nie, want net een span gaan Wêreldbeker toe en die vorige keer het net een nederlaag (teen Nigerië) hulle tweede laat eindig en met leë hande gelaat.
FOTO
JC Balt tydens die o.19’s se ontvangs van nasionale baadjies voor hul vertrek na Rwanda. Foto Andrew Poolman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie