Balans noodsaaklik in evaluering van Donald Trump
Balans noodsaaklik in evaluering van Donald Trump

Balans noodsaaklik in evaluering van Donald Trump

Mandy Rittmann
GERNOT W. SCHAAF SKRYF:

Ek verwys na "Piet van Grootfontein" se brief "Donald Trump se selfsug" in Republikein van 21 Januarie 2019 se jammerlike eensydige beoordeling van president Trump, en dan na sy meerderwaardige aanmerking oor diegene wat van hom sou verskil as “nie-dinkende kortneuse”.

Hierdie kwessie oor die “muur” is sover soos die ooste verwyder is van die weste eenvoudig nie Trump se eie, selfsugtige begeerte nie. Punt.

Die enkele antwoorde wat dusver verskyn het op Piet se brief het aan my (en sekerlik baie lesers) laat deurskemer dat daar darem nog mense is wat in balans na Trump se handelinge kyk. Piet erken dat sy eie “verstaan van die Amerikaanse politiek beroerd is”.

Hy beweer dat hy oor Trump "Google". Maar ek wonder tog wat presies hy alles gebalanseerd na oplet.

Onthou één vasstaande waarheid waarvoor C. J. Langenhoven o.a. bekend geraak het: Oor die "waarheid" rakende politiek het hy gesê: “Mens hoef nie die waarheid óm te draai om ‘n leuen te verkondig nie. Hou dit net selfs effens skuins, dan ís dit die leuen.”

DIE TANGO VERG TWEE

Sedert die aanvang van Trump se termyn al het dit die Demokrate se daaglikse taktiek geraak om hom knaend af te breek en karaktermoord op hom te pleeg. Ek vind dit jammerlik.

Het Piet opgelet na wat Trump wél al reggekry het wat vóór Januarie 2017 baie sleg vertoon het in die VSA? Ek verwys na die vermindering in werkloosheid.

Dit moet nie verwar word met die “shutdown-”situasie nie - dít was alles ‘n moedswillige politieke magspel van die ander kant nadat die middeltermynverkiesingsuitslae ‘n magsindroom ontketen het. Hier, Piet, kom die Engelse spreekwoord spesifiek van toepassing: “It takes two to tango” - bedoelende hierdie krisis is aan beide kante se weiering/vasstekery te danke.

Vertel Piet se ge-”Google” hom hoeveel toe fabrieke en besighede weer oopgemaak het en voluit werk verskaf? Vertel sy “Google” hom hoeveel benadelende handelsooreenkomste met buitelandse regerings/instansies daar was wat die vorige regerings vanaf Clinton se termyn aangegaan het (en wat steeds bestaan) waarvolgens die buitelanders meer as drie of vier maal die tariewe op VSA-produkte hef? Trump het nou hierteen vasgeskop om 'n meer voordelige handelsbalans vir die Amerikaanse burgers te bewerkstellig.

Een duidelike voorbeeld is die vorige ooreenkomste met Meksiko en Kanada. Ek verwys na die nuwe "USMexCan"-ooreenkoms.

Dieselfde is besig om te gebeur in die sogenoemde handelsoorlog met Sjina. Kyk maar hoe die stof daaroor gaan lê het en wat nog sal kom. Dit is mos nie billik of gebalanseerd dat die VSA slegs 25% tariefheffings mag stel, maar dit wat Sjina te bied het aan die Amerikaanse mark is met 100 en selfs meer persent belaai?! Dit was mos erg onbesonne van Clinton, Bush en Obama om soiets wetend toe te laat (tot die VSA se nadeel).

Omdat (volgens Trump-beswadderaars) 'n beweerde 53% van sogenaamde peilings nie van Trump hou nie, bly hy die vark in die verhaal. Terwyl die man slegs twee jaar aan bewind is. Vir my is dit duidelik wie die éintlike oorsaak van die probleem is!

Dat Trump Amerika weer wil groot maak, is mos ‘n pluspunt. Of moet hy liewers meer vir die uitbuiters se party(e) se lande omgee?

So ek wil vir Piet vra: Kom ons behou liewer balans oor hierdie vreeslike bohaai, my vriend. Daar is maar baie wat skandelik skeefgetrek word.

WINDE VAN VERANDERING

Wat met Brexit aan’t gebeur is; wat in Italië rééds gebeur het; wat in Nederland aan’t gebeur is; wat in Frankryk aan’t gebeur is; en met Oostenryk, Duitsland en Pole; en met Katalonië/Spanje; wat nog gaan kom in Skotland - en glo my, daar sal nog ander bykom - is alles maar net dat elke ou maar weer baas op sy eie plaas wil wees; oor sy eie huishouding wil besluit, en nie sy eie kultuur wil laat onderploeg deur onbeheersde massas wat eiegeregtig geen grense of voorskrifte wil erken nie en net wil maak en trek (en intrek en opeis) soos hulle wil op grond van humanistiese menslike eiereg.

Is dit nie wat jy self verkies en wil doen in jou eie tuiste nie? Indien wel, hoekom is dit verkeerd as Trump dit doen?

Ja, Trump maak ook foute. Wie het nog nooit in hul lewe foute gemaak nie? Ek glo nie daar is so ‘n mens op aarde nie. Verál gedagtig aan die Apostel Paulus wat oor sy eie sondige aard getuig.

Trump het van die begin duidelik gesê hy is geen politikus nie. Maar hy het vreesloos gesê daar is verskeie dinge wat verkeerd is in Amerika. Hy het dit alles herhaaldelik by die naam genoem. Dit elke keer “a mess” genoem.

Die hele VSA het dit geweet, maar kyk maar of “Google” verkondig dat hy tydens die voorverkiesing 17 ander politieke leiers van sy eie party uitgestof het, en daarná ook met die Demokrate klaargespeel het - wat ook oor ‘n magdom kandidate en kenners en geldskieters beskik het.

Die VSA is oor minstens ses dakades absoluut deur sy Navo-"bondgenote" (Europese lande) uitgebuit. Die lidlande dra gesamentlik jaarliks slegs 20% tot 30% van die koste by, maar die VSA moet sowat 70% van die koste ten bate van Europa dra? En dan moet die VSA nog beledigings ook sluk. Dít is mos niks anders as selfsug en parasitering nie.

DIE MUUR

Hierdie "muur" waaroor die bohaai gaan: Die onwettigheid van loslopende, instromende immigranthordes (met al wat ‘n dwelm-, smokkel-, drank- en misdaadprobleem wat dit meebring) was al vir Clinton, Bush en Obama 'n probleem wat hulle nie wou erken en uitwys of iets daaraan doen nie. Die Demokrate was destyds nogal ten gunste van ‘n muur of fisieke hindernis, sal “Google” dalk uitwys.

Maar hulle het niks daaroor gedoen nie. Dit is feite!

Die TDS-skema van Bush en die DACA-skema van Obama was absoluut oneffektiewe mislukkings. En nou is dit ‘n handige stok om Trump mee te slaan.

Die uitgawe wat Trump benodig, is ‘n skamele 2% van die hele begroting en die effektiewe besparing weens binnelandse stabiliteit sal in oormaat binnelandse produksie meebring om die uitgawe in ‘n bate te omskep.

Verder, oor sowat drie dekades het die Clinton-, Bush- en Obama-regerings dit nooit reggekry om één maal die ontwikkeling van kernwapens deur Noord-Korea te probeer stuit nie. Trump is nou besig om die saak reg te stel. Is dit nadelig vir die VSA en die res van die wêreld? Sou jy ‘n onbeheersde produksie van kernwapentuig verkies?

Nee, Piet, met jou stelling dat die huidige stand van sake alleenlik aan Trump te wyte is, sit jy die hele rusbank mis. Dis ook te danke aan die Demokrate wat wil wys wie het die stemmemag in die parlement. Hulle het Trump met alles geblokkeer vandat hy in die Withuis gekom het. Die bewyse daarvan is legio. Dit sal jou “Google” jou kan wys.

Skryf liewer in op Fox News en kry ook daardie hoek van die nuus, en vergelyk dit dan met wat CNN opdis. Jy sal verbaas wees hoe lees nuusberigte oor dieselfde gebeure.

Wees gebalanseerd. Gee die duiwel wat hom toekom.

Ek glo vas elke "slegte" mens is nie nét sleg nie. Daar is goed en sleg in my en elke ander ou. Die Skepper self het ná elke skeppingsdag gesê “dit is goed”.

Laat ons almal in balans beoordeel. Moenie die baba met die badwater uitgooi nie. Of dit Teresa May is of wie ookal.

As ‘n gebore en hart-en-siel halfeeulange gewese Grootfonteiner en meer as drie dekades Swakopmunder groet ek jou hartlik en wens jou ‘n mooi res van 2019 toe.

NS: Piet, weet jy, ek is baie nuuskierig hoe daar op hoë vlak al verskeie pogings was/is om Trump uit te vang met allerhande soorte onderduimsheid, ook al is dit bloot tegnies, maar ten spyte van sy politieke onkorrektheid kon daar oor 21 maande nog geen saak teen hom staangemaak word nie. Alles was dusver maar nog net “skuins waarhede”. Ek sal graag hieroor wil gesels wanneer die FBI een dag hulle finale oordeel hieroor gee. Lyk my dit sukkel maar nog . . .

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%