Bakkie vat vlam naby Omaruru
Dié bakkie is een van talle voertuie wat in die afgelope maand of wat op paaie in die land aan die brand geraak en heeltemal of gedeeltelik uitgebrand het. Volgens die leser wat dié foto gestuur het, is dit onbekend waarom die bakkie Saterdag omstreeks 14:00 op die pad tussen Wilhelmstal en Omaruru aan die brand geslaan het. Aangesien dit gras vervoer het, het die vlamme vinnig versprei. Boere in die omgewing het kom hand bysit totdat die brandweer van Omaruru by die toneel aangekom en die vuur geblus het. ''n Passasier het brandwonde opgedoen en is vir behandeling na die staatshospitaal op Omaruru geneem. Foto Verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie