Bakkie rol by vulstasie
Jessica Botes - Die bestuurder van 'n enkelkajuitbakkie wat Sondagoggend op Walvisbaai gerol en byna op 'n brandstofpomp te lande gekom het, is in hegtenis geneem.
Volgens hoofinsp. Erastus Iikuyu van die Namibiese polisie in die Erongostreek het die ongeluk omstreeks 01:30 plaasgevind. Die bestuurder en sy drie passasiers was glo in Sam Nujoma-laan van Kuisebmund na die middedorp onderweg toe die bestuurder versuim het om by 'n rooi verkeerslig langs die Shell-vulstasie te stop.
Hy het glo beheer oor die voertuig verloor en in 'n palmboom langs die pad vasgejaag. Die bakkie het verskeie kere gerol en langs 'n brandstofpomp te lande gekom.
Twee persone het onderskeidelik ernstige en ligte beserings opgedoen en is na 'n hospitaal op Walvisbaai vir behandeling geneem.
Volgens Iikuyu sal die beskuldigde vandag in die landdroshof op Walvisbaai verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie