Bakkie deur vlamme verswelg
’n Bakkie van Otis Elevator Namibia het gister in Lazarett-straat in Windhoek uitgebrand. Volgens die bestuurder het dit voor die ramp baie warm in die voertuig word en wou dit nie verder ry nie. Sy passasier het die rook gesien. “Ons het beide uitgespring en daar was baie rook voordat dit in vlamme opgegaan het,” het die bestuurder gesê. Volgens ’n omstander het die voertuig vir sowat 30 minute gebrand, en is dit en die vrag heeltemal vernietig. Agter op die bakkie was tien trappe vir ’n roltrap, asook toerusting gelaai. Die mans was op pad Klein Windhoek toe vir werk. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie