Bakkery weer oop
Bakkery weer oop

Bakkery weer oop

Tanja Bause
Tanja Bause



''n Baken op Outjo – die Outjo Bakkery – is weer oop vir besigheid ná dit''n gedaanteverwisseling ondergaan het.

Die bakkery is in 1947 gebou en het dit met die verloop van tyd ''n bekende gesig op die dorp geword. Die gebou is in 2015 gesloop en ''n nuwe bakkery is op dieselfde perseel gebou wat in Mei vanjaar heropen het.

''n Ewe bekende gesig, is mnr. David Ilimonjo wat reeds die afgelope 24 jaar gelede as bakker daar werk. Hy is in beheer van die heerlike vars brötchens en brode wat daagliks gebak word.

“Die afgelope 24 jaar is ek saam met al die verskillende eienaars nog steeds die bakker hier. Ek was net tydens die bouwerk by ''n inkoopsentrum in Swakopmund as bakker werksaam, maar nou is ek terug in my dorp,” het hy gesê.

Die bakkery is in Julie deur me. Tana en mnr. Andre Burger oorgeneem en daar is tans 24 mense by die bakkery in diens.

“Al ons resepte kom nog van vorige eienaars. Soos die Apfelstrudel waarvoor ons so bekend is. Dit is ''n baie ou resep waaraan niks verander is nie,” het Tana gesê.

Nuut by die bakkery is die restaurant, wat tot 110 mense kan akkommodeer. Die dubbelverdieping geriewe word gereeld vir spesiale geleenthede gebruik. Die bakspan sal ook met gemak sorg vir vingeretes en troukoeke.

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer