Baie stemme, een koor
Een van die liedjies wat ek eenvoudig oor en oor, en weer oor en oor kan luister, is “We are the world”.
Dalk omdat ek ‘n telg van die jare 80 is? ‘n Mens vol hoop.
Stemme op Rehoboth en Keetmanshoop is onlangs ook opnuut deur die legendariese treffer besiel.
“There comes a time . . .” het Lionel Richie in 1985 weggetrek as deel van Harry Belafonte se koor om honger in Afrika te beveg. Voor dit, in 1984, was daar in Brittanje Band Aid se “Do they know it’s Christmas”.
Die opneem van “We are the world” het 12 ure se werk geverg – deur die nag. Sonder al die sweet vooraf en selfs daarna.
Niks behalwe die beste nie sou dit die enkelsnit maak waarvan die meeste afdrukke nog ooit verkoop is.
Ons wêreld is tans in groter moeilikheid vasgevang as in baie, baie dekades. En die nood is nie net die gevolg van die Covid-19-pandemie nie. Weens verfoeilike, rassistiese polisiegeweld in Amerika besin mense byna oral op die planeet ook weer intens oor ons verlede, hede en toekoms. Namibië kon homself nie van al die kwessies afsonder nie.
In onse Harambee-ensemble is daar ook ‘n paar vals akkoorde. En ons sukkel om op stryk te kom.
Ons is die wêreld. Met sy heel beste. En sy heel slegste.
En net ons kan ons eie werklikhede verander. Mits ons, soos in die liedjie, die wekroep hoor – en daarop reageer.
Nog ‘n slag . . .
There comes a time
When we heed a certain call
When the world must come together as one . . .
(Ek dra oorfone, sodat die gesin nie horriesaanvalle kry nie.)
Ons kan ons nie dag vir dag aanhou verbeel iemand anders, of ons “leiers”, gaan die verskil maak nie. Ons moet saamstaan en gee. En soms ook sekere dinge, denke en houdings opgee.
Op ‘n TV-kanaal sê ‘n Britse aktivis die week ‘n nasie kan nie as een suksesvol vorentoe beweeg voordat almal nie instem op watter waardes die geheel toekoms gegrond moet wees nie. Dié oënskynlik eenvoudige stelling het diep denke in my wakker gemaak.
Nie net met corona nie, maar ‘n klomp dinge, is “business as usual” se dae lankal getel.
Is die mensdom gedoem om vir ewig van een soektog na harmonie na die ander aan te strompel? Met tussenin, klokslag, storms van haat en vernietiging.
In die mylpaaljaar van 1989 – hoe naby aan 1985 was dit nie! – het Anton Goosen en Lucas Maree se Kommissie van Ondersoek “Winde van verandering” gesing.
Moenie omkyk nie, moenie terugkyk nie Moenie bang wees nie, daar’s nie soutpilare nie Dis net die wind, die wind, die wind my kind Dis net die winde van verandering wat waai . . .
Ons moenie bang wees om ons verlede, hede en toekoms krities te herbeoordeel nie. En die plig behoort nie net aan wit mense nie.
Verstande van rots sal nie ‘n beter toekoms vir ons almal ontsluit nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie