Baie sake van belang
Baie sake van belang

Baie sake van belang

Dani Booysen
Namibië is trots om hierdie week die gasheer te wees van ’n internasionale, parlementêre byeenkoms wat standpunt oor talle sake van groot belang moet inneem.
Afgevaardigdes van die Europese Unie (EU), Afrika, die Karibiese eilande en die Stille Oseaan-gebied sal oor ’n lywige agenda beraadslaag. Die nuwe dimensies van internasionale konflik is onder meer op die sakelys.
Me. Michèle Rivasi van die EU het dié sitting van wetmakers as ’n “skool vir demokrasie en vrede” beskryf; as ’n geleentheid om aanspreeklikheid te eis.
Hierdie proses van verantwoording begin egter allereers binne-in state en onmiddellike streekpolitieke groeperinge. Indien dit nie daar afgedwing kan word nie, is die kanse skraal dat dit op ander, groter, internasionale platforms hond haaraf sal maak?
Van ’n byeenkoms soos hierdie verwag gewone wêreldburgers dat dit meer as magtelose praatberade sal wees waar ’n horde landsvlae in stille gelid hang en afgevaardigdes huiswaarts keer sonder dat werklike deurbrake gemaak is.
Ja, diplomasie is ’n tydsame kuns, maar die planeet se verstotenes en vertraptes het nie die luukse van etlike maande, jare en selfs dekades vir die uitkoms waarna hulle smag nie.
Rivasi self sê die EU het nie die migrasie-krisis korrek gehanteer nie. Dit is dalk maklik om te sê dat mense nie meer sal wil trek (en vlug) as hul eie lande behoorlik ontwikkel is nie. Migrasie is ’n veel meer ingewikkelde kwessie – en daar is geen aanduiding dat Europese en ander Westerse lande gou eensgesindheid oor die beste oplossings gaan bereik nie.

So sê ander
13 Junie 2016

In solidarity against the Orlando shooting attack

In face of hatred, the best response is solidarity.
And so, in sadness and in love, Montrealers have joined people around the world in condemning Sunday’s homophobic act of mass murder in Orlando, the biggest mass shooting in U.S. history.
It was an attack on ordinary Americans and on their society’s values of freedom and tolerance.
Does it highlight the need for Americans to change gun laws that allow a hateful, extremist, unhinged person to get his hands on a semi-automatic weapon, legally? Yes, clearly.
The political fallout from this horrible incident has yet to be determined.
But here’s a safe prediction: U.S. gun laws won’t change.
If the Sandy Hook massacre of schoolchildren didn’t bring reform, it is hard to see how the Orlando shooting will. Or the next one.
• MONTREAL GAZETTE

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer