Baie nuwelinge kry viskwotas
Baie nuwelinge kry viskwotas

Baie nuwelinge kry viskwotas

Dani Booysen
Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.
Dit was onduidelik of die persentasie bloot op grond van aansoekers uitgewerk is, in terme van tonnemaat of waarde van regte vir die vang van verskillende spesies.
Aansoeke het twee en ‘n half jaar gelede gesluit. Sedertdien is die Namibiese visbedryf ook deur die sogenaamde Fishrot-korrupsieskandaal geskud.
Nuwelinge maak 71% van toekennings uit.
Die minister het gesê ‘n lys van individuele aandeelhouers sal oor twee maande gepubliseer word aangesien van hierdie inligting aan veranderinge onderhewig is, byvoorbeeld weens sterftes.
Wat die herkoms van aandeelhouers betref, kon 37,6% nie aan een, spesifieke streek toegedeel word nie, onder meer weens die herafbakening van die land se politieke en administratiewe grense in Kavango-Oos en Kavango-Wes.
Die oorblywende toedeling per streek is as volg:
Khomas 11%
Erongo, 9,9%
Omusati 5,9%
Otjozondjupa 5,8%
Oshikoto 5,5%
Ohangwena 5,1%
//Kharas 4,4%
Hardap 4,4%
Kunene 3,6%
Oshana 3,2%
Omaheke 1,4%
Zambezi 1,3%
Kavango-Oos 0,6%
Kavango-Wes 0,4%
Kawana het benadruk dat uitvoerige gesprekke steeds sal moet plaasvind om werklik gelykheid in die verdeling van verdienstes uit die visbedryf te verseker.
Streng monitering sal volgens hom plaasvind om te verseker begunstigdes kom hul verantwoordelikhede na wat opregte bemagtiging betref.

Kommentaar

Republikein 2025-12-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer