Baie dankie aan Windhoek en Swakop
Baie dankie aan Windhoek en Swakop

Baie dankie aan Windhoek en Swakop

Mandy Rittmann
CAREL EN LYDIA WOLHUTER SKRYF:

Na baie maande se Covid-19-inperking kon ons uiteindelik na pragtige Namibië kom.

Wat ’n heerlikheid om Windhoek as ’n silwerskoon stad te ervaar, om in veiligheid bo-op Gamsbergpas stil te hou en in die stilte van die natuur in die sandsloot ’n worsie te braai.

Ons het ’n wonderlike toer saam met ons Kalahari-vriende (Kobus en Ina van Wyk) deur Kaokoland tot by Epupavalle, en ook Etosha gehad.

Nou is ons vir drie heerlike weke in mooie Swakop, wat ook silwerskoon is. Geen wonder dit was 2019 se Dorp van die Jaar nie.

Die strandpaadjies suid en noord van die Strandhotel is skoon en opgeknap en die palmlaning die netjiesste in baie jare. Ek het die tuinery langs die strandpaadjies nog nooit so mooi en netjies gesien nie. Die gras word gereeld gesny en bymekaar gehark en weggeneem.

Welgedaan en baie geluk.

Kommentaar

Republikein 2025-05-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer