Babaoppasser 6 jaar tronk toe
Die babaopasser wat in September 2017 op Outjo op klagte van poging tot moord in hegtenis geneem is nadat sy op videokamera gevang is dat sy 'n baba aangerand het, is Donderdag ses jaar tronk toe gestuur.
Die 40-jarige Nicoline Hoeses het skuldig gepleit op klagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en die mishandeling van 'n nege maande oue babameise wat in haar sorg in die kind se ouershuis op Outjo was.
Landdros Peingondjabi Shipo het Hoeses op dié drie klagte tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis.
Me. Mbatemua Kahorongo het vir Hoeses verteenwoordig terwyl mnr. Sean Nangombe vir die staat verskyn het.
Hoeses is in hegtenis geneem nadat die baba se ouers 'n videokamera opgestel het ná sy verdagte beserings aan haar baba se liggaam opgemerk het.
Die videokamera het gewys hoe Hoeses die kind in haar bababed gooi, sy die baba aan haar voete optel en aan haar enkels swaai en haar slaan as sy huil.
Die opnames is met die polisie gedeel en het 'n groot opskudding op sosiale media veroorsaak. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie