Babameisie (1) sterf in ongeluk
Namibië het 'n swart naweek op die paaie beleef met altesaam 13 mense wat in vier afsonderlike ongelukke gesterf het.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het nóg 'n baba, die eenjarige Ester Angula, die naweek in 'n ongeluk gesterf.
Die ongeluk het Saterdag omstreeks 07:00 tussen Gobabis en Windhoek gebeur.
“'n Sedanvoertuig met 'n 27-jarige bestuurder, vier volwassenes en twee babas se linkeragterband het na bewering gebars toe hulle van Windhoek af na Gobabis onderweg was. Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het,” het 'n woordvoerder van die polisie, me. Kauna Shikwambi, gesê.
Een babameisie het op die toneel gesterf, terwyl die ander insittendes in die Gobabis-staatshospitaal vir hul beserings behandel is.
Die polisieondersoek duur voort.
In die ander drie ongelukke die naweek het 12 mense gesterf - 'n familie van agt, wat onder andere 'n baba insluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie