Babameisie (1) doodgery
Babameisie (1) doodgery
16 August 2018 | Ongelukke
Denver Kisting – ’n Tragedie het gistermiddag op Rehoboth afgespeel toe ’n eenjarige meisietjie doodgery is.
Adj.komm. Eric Clay, die polisiekoördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, sê dié meisietjie, Eldine Claasen, het gister omstreeks 17:10 onder ’n voertuig beland.
Clay sê daar word beweer die 24-jarige bestuurder van die voertuig het ’n motorwassery op Rehoboth besoek om vleis op te tel wat daar vir haar gehou is.
Terwyl sy die houer met die vleis in die voertuig gelaai het, het die peuter vermoedelik ongemerk onder die voertuig ingekruip.
Die vrou het glo weggetrek en per ongeluk oor die meisietjie gery, sê Clay.
Nadat haar aandag op die tragedie gevestig is, het sy stilgehou en saam met die kind se pa die baba opgetel en na die plaaslike hospitaal toe gehaas.
Sy is egter by hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Clay sê die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Soortgelyk
‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’
11 ure gelede | Weer
‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’
11 ure gelede | Tuisblad
Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af
1 dag gelede | Regering
Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder
1 dag gelede | Onderwys
Man sterf in ongeluk naby Rehoboth
1 dag gelede | Ongelukke
Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees
1 dag gelede | Mense
Groter stoom vir TransNamib
1 dag gelede | Vervoer
NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie
1 dag gelede | Onderwys
Weer, Vrydag 8 Februarie 2019
1 dag gelede | Weer
Kleinadvertensies