Baba, swanger vrou dood in verkiesing in Kenia
Minstens 33 mense, onder wie ’n kind en ’n swanger vrou, is in die Keniaanse hoofstad, Nairobi, dood toe polisie op ondersteuners van die opposisiepartye losgebrand het ná die verkiesing in Augustus, het Amnestie Internasionaal en Human Rights Watch (HRW) gesê.
Protesoptogte het uitgebreek kort nadat pres. Uhuru Kenyatta aangewys is as die wenner van die verkiesing en Raila Odinga, leier van die opposisie, sodoende uitgestof het.
Die hooggeregshof het egter later die uitslag nietig verklaar en gelas dat ’n tweede verkiesing gehou word.
Odinga het op 26 Oktober onttrek aan ’n herverkiesing, wat Kenyatta as die enigste kandidaat gelaat het.
Dit het weer tot oproer gelei.
Human Rights Watch (HRW) het vroeër 12 sterftes aangeteken nadat die polisie in die weste van Kenia, waar die opposisie se grootste ondersteuning gevestig is, gestem het. Dit bring die landwye dodetal op minstens 45.
HRW en Amnestie Internasionaal voer aan die polisie in Nairobi het “oormatige krag” gebruik en “die meeste (van die 45 oorledenes) is dood weens polisieoptrede”.
’n Negejarige kind is doodgeskiet terwyl hy/sy op ’n balkon gestaan het en ’n vrou wat agt maande swanger was, is doodgetrap nadat sy flou geword het van traangas, luidens ’n verslag van die twee drukgroepe.
Die Keniaanse nasionale polisiediens sê in ’n verklaring die verslag is “totaal misleidend en gegrond op valshede.”
Kort ná die geweld in Augustus het die polisie gesê net “misdadigers en boewe” is dood of beseer.
Die verslag versterk die saak van Keniaanse aktiviste en drukgroepe, wat die polisie van wreedheid en moord beskuldig. Oor ’n lang tydperk is nog net enkele beamptes al aangekla en vonnisopleggings is baie skaars.
“Navorsers het gevind dat die polisie reg opgetree het in sekere situasies, maar hulle het ook betogers geskiet of doodgeslaan,” lui die verslag.
Die regering het Donderdag alle protesoptogte in die sentrale sakegebied van Nairobi, die kusstad Mombasa en die stad Kisumu, waar betogers tweemaal per week saamgedrom het, verbied en ’n beroep gedoen op die verkiesingsraad om seker te maak daar is ’n regverdige verkiesing.
Polisie het traangas gebruik om betogers te verjaag.
’n Groep menseregtekenners van die Verenigde Nasies het gevra die regering se verbod op protesoptogte moet veroordeel word as ’n “patroon van polisiewreedheid”.
Tydens die geweld het die ouers van ’n ses maande oue baba in die weste van Kenia aan Reuters gesê hul kind is met ’n knuppel in haar huis geslaan en is later in die hospitaal weens breintrauma dood.
Veiligheidsdienste in Kenia word deels deur Amerika, Brittanje en ander internasionale skenkers gefinansier. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie