Baba ná borskanker
Sy het deur die hele swangerskap geen probleme ervaar nie.
Maria Eiseb - Ná 'n stryd van nege jaar het me. Hedwig Hoveka (43) nie net borskanker oorwin nie, maar die wonderwerk van die geboorte van haar baba beleef.
Tjinouhona Hoveka is op 30 November verlede jaar in die Windhoek Sentrale Hospitaal deur middel van 'n keisersnit gebore en het 2,8 kg by geboorte geweeg.
Volgens Hoveka is haar oudste seun 24.
Haar regterbors is in 2008 verwyder.
Sy sê die nuus oor die swangerskap het die gesin onkant gevang.
Toe sy die hospitaal vir haar jaarlikse sonar en toetse besoek, moes sy hoor sy is reeds twee maande swanger.
Hoveka vertel sy kon aan die verpleegster se gesigsuitdrukking aflei “iets is nie reg nie”.
Sy het beangs gewonder of die suster op nog kanker afgekom het, sê sy.
“Ek het bekommerd geraak en die suster later gevra wat dit is. Sy het ná 'n paar minute gesê 'jy is twee maande swanger'.
“Ek kon dit nie glo nie. Ek het die verpleegstertjie, wat 'n jong meisie was, gevra om te herhaal wat sy gesê het, en sy het dieselfde gesê,” sê Hoveka.
“Dit was sulke wonderlike, goeie nuus,” sê sy.
Destyds, toe sy met borskanker gediagnoseer is, het sy gedink sy sal nie nog kinders kan kry nie, maar die dokter het gesê dit is moontlik.
Toe sy hoor sy is swanger, was sy bekommerd oor of sy met een bors sou kon borsvoed, sê Hoveka.
GENOEG MELK
“Sal ek ooit genoeg melk vir die baba hê, het ek myself afgevra, maar dit wys net niks is onmoontlik by die Here nie,” sê sy.
Die mense van haar gemeenskap beskou haar swangerskap ná borskanker as “'n onmoontlike ding”, sê Hoveka.
“In my lewe het ek self ook nog nooit van so iets gehoor of gelees nie, maar dit wat met my gebeur het, is 'n wonderwerk, niks anders nie,” sê sy.
Hoveka se niggie, Siegfridine, vertel sy kon dit nie glo nie, omdat hulle glo die meeste mense met kanker sterf daaraan.
“Ek het deur die hele swangerskap niks moeilikheid gehad nie, alles was normaal. Selfs die kraamproses was sonder komplikasies,” sê Hoveka.
Haar man, mnr. Jesaja Hoveka, was opgewonde en kon nie glo toe hy hoor hulle verwag 'n baba nie, sê sy.
Die gemeenskap het baie vrae oor haar swangerskap en die moontlikheid van borsvoeding met een bors gehad.
“Dit is nie kankermelk nie,” sê sy.
Daar was selfs mense wat nie wou glo dis haar eie baba nie.
“Sowaar, die Here het ons onkant gevang,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie