Baba (2 maande) sterf in ongeluk
Baba (2 maande) sterf in ongeluk

Baba (2 maande) sterf in ongeluk

Francoise Steynberg
‘n Twee maande oue baba is Oukersaand in ’n trompopbotsing tussen twee bakkies naby Rehoboth dood.

Volgens die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Hardapstreek, adj.komm. Eric Clay, het die ongeluk omstreeks 23:00 op Oukersdag op die C24-grondpad tussen Klein Aub en Rehoboth plaasgevind.

Volgens Clay is ‘n 21-jarige man ook met aankoms by die hospitaal weens sy ernstige beserings dood.

“Na bewering het ‘n Toyota Land Cruiser-bakkie met twee insittendes wat na Rehoboth gereis het, met ‘n Ford Courier-dubbelkajuitbakkie met agt inisittendes gebots wat in die teenoorgestelde rigting gery het,” het hy gesê.

‘n Saak van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur, bestuur sonder ‘n rybewys is aanhangig gemaak. ‘n Saak van die oortreding van die Covid-19-maatreëls word ook ondersoek aangesien die voertuie ná die aandkloktyd van 21:00 op die pad was.

- Nampa

Foto Facebook/Accidents in Namibia

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer