Baas mag ‘skree, beledig’
Die blaam vir seksuele teistering word meestal voor die deur van die vroulike slagoffer geplaas.
Henriette Lamprecht – 'n Hoë persentasie werkers wat aan ‘n opname oor geweld en teistering in die werksomgewing deelgeneem het, stem saam hul baas het die reg om hulle te beledig, ongeskik te wees of om op hulle te skree omdat hy of sy hul salaris betaal.
Ook sê die meeste eens hulle is bang hulle verloor hul werk sou die teistering of geweld aangemeld word.
Volgens ‘n verslag wat pas vrygestel is, bly gevalle van geweld en teistering in die werksomgewing grootliks ongestraf onder meer weens onduidelike en onvoldoende strukture en prosedures om dit aan te meld.
Geweld en teistering teen mans en vroue in die werksomgewing in Namibië sê ook die Namibiese arbeidswet is onduidelik oor die kwessie.
Met verskillende kulture in werksplekke is dit volgens die verslag ook nie duidelik wat aanvaarbaar is en wat nie. ‘n Algemene houding is ook om die blaam op die skouers van vroulike slagoffers van seksuele teistering te plaas, met slagoffers wat gevoelens van skaamte ervaar.
Die verslag verwys na ‘n artikel in plaaslike nuusblaaie oor die uitvoerende hoof van een van Namibië se grootste maatskappye wat geskors is hangende ‘n ondersoek na voorvalle van beweerde seksuele teistering.
‘n Artikel het ook in sosiale media verskyn en kommentaar op Facebook is in die verslag ontleed. Die meerderheid kommentaar was grappe oor die omstandighede en oor die vermeende oortreder se naam en die voorkoms, gevolg deur stellings dat die man onskuldig en die vroue waarskynlik gewillig was.
Volgens die verslag is Namibiërs geneig om vroue vir enige onvanpaste seksuele interaksie te blameer, wat kan verklaar waarom vroulike slagoffers nie oor hul ervarings praat nie.
Manlike slagoffers kan selfs groter skaamte of stigma ervaar.
Slagoffers vrees onder meer vergelding of viktimisasie, dat niemand hulle sal glo nie en dat hulle nie hul saak sal kan bewys nie.
Namibië het ook nie wette en beleidsrigtings wat beperkte beskerming aan hokaairoepers en getuies bied nie.
Die studie is deur die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) deur middel van die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping (MLIREC) aangevra.
Dit het op huishulpe, sekuriteit en die kleinhandelbedryf gefokus.
Hoewel dit beperk was met betrekking tot die duur van die studie en die sensitiewe aard van die onderwerp, was daar genoeg aanduidings dat die voorkoms van geweld en teistering in die werksomgewing in Namibië hoog is.
Ook raak dit ‘n groot deel van die Namibiese werksmag negatief en moet dit volgens die verslag as ‘n saak van dringendheid aangespreek word.
“Gevalle van geweld en teistering word grootliks nie aangemeld, opgelos of gestraf nie,” sê die verslag.
Dit stel voor Namibië bekragtig die omvattende ILO-konfensie en volg voorstelle om beter en makliker strukture op te stel om geweld en teistering aan te meld, klagtes te evalueer en te ondersoek en dit betyds en doeltreffend te verwerk en op te volg.
Opvolg behoort ook psigomaatskaplike ondersteuning sowel as die beskerming van slagoffers in te sluit.
Meer toeganklike strukture om dit aan te meld moet ook op die gebruik van plaaslike tale fokus en ‘n gratis 24 uur SMS-hulplyn insluit.
Geregtigheid moet meer toeganklik wees en kan klein, geslagsensitiewe en “informele” howe insluit met goedkoop en eenvoudige prosesse waar laer betaalde werkers hul griewe gratis of goedkoop kan opper in die taal waarmee hulle gemaklik is.
Ook moet oortreders van geweld en teistering aanspreeklik gehou word deur werkgewers en die nasionale regstelsel.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie