B1-veld in ligte laaie
B1-veld in ligte laaie

B1-veld in ligte laaie

Jo-Mare Duddy Booysen
Brandbestryders het Vrydag gespook om ‘n reuseveldbrand langs die B1-pad suid van Windhoek in die omgewing van Omeya onder beheer te bring. 'n Brandstrook is onder meer geskraap om te verhoed dat die vuur na Groot-Aub versprei. Teen Saterdag was die brand geblus. Volgens die stasiebevelvoerder van die brandweer in Windhoek, mnr. Lukas Hatutale, is die oorsaak van die brand steeds onbekend en weet hulle ook nie presies hoeveel hektaar in die slag gebly het nie. Geen beserings of verlies van eiendom is tot dusver aangemeld nie. Foto Richard Botha

Kommentaar

Republikein 2025-06-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer