Aweh vir NFA-beker
Sokker
Opwindende sokker lê opnuut komende naweek in die MTC NFA Aweh-beker voor. Die gesogte nasionale uitklopreeks bereik inderdaad Saterdag die mylpaal dat die land se topagtklubs vir 'n plek in die semifinaal meeding.
Ambisieuse klubs het laas naweek naarstiglik in die ronde van 16 vir die Namibiese Sokkervereniging (NFA) se spogkompetisie meegeding. Die 16 klubs is met aksiebelaaide wedstryde in Tsumeb, Mariental, Walvisbaai en Windhoek tot agt gehalveer.
Komende Saterdag sal die Oscar Norich-stadion in Tsumeb vir vier van die laaste hoopvolle klubs gasheer speel. Om 14:00 sal Khuse FC van Oshakati graag op sy onlangse verrassing teen Civics in Tsumeb wil voortbou, voordat Mighty Gunners van Otjiwarongo om 16:00 vir Tigers van Windhoek pak.
By die Sportklub-Windhoek se stadion (SKW) in Olympia sal Young Brazilian en Blue Waters van Walvisbaai vanaf 14:00 swaarde kruis. Citizens stap om 16:00 op die veld teen Young African, met net een van die twee wat sal oorleef.
VET PRYSGELD
MTC borg vir die volgende drie jaar die Aweh NFA-beker teen 'n allemintige N$4.5 miljoen vir dié tydperk. Die wenner sal met N$500 000 huiswaarts keer en die naaswenner kry die helfte minder. Nog N$150 000 en N$100 000 is onderskeidelik vir die derde en vierde plekke opsy gesit.
Christy Guruseb, afrigter van Citizens, het ná sy span se sege Sondag gesê die uitklopkompetisie verg elke keer 'n span se heel beste spel, anders gaan jy met leë hande huis toe.
“Ons spelers is nog net 70-80 persent fiks en ons kan ons sterre dank dat ons na die kwarteindronde gevorder het. DTS HopSol het die tweede helfte oorheers, maar ons het die knoop deurgehaak en sien uit na die naweek se aksie,” het hy gesê.
– www.nfa.org.na/Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie