Avihe Ujaha se ma moontlik vervolg

Polisie waarsku teen verwaarlosing

07 September 2018 | Misdaad
Denver Kisting



Die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het gistermiddag aan Republikein gesê die polisie besluit tans of Avihe Cheryl Ujaha se ma vervolg moet word.

Volgens die inspekteur-generaal is die polisie in gesprek met hul regspan oor of me. Sylvia Pekakarua Kaimu, ma van die vermoorde negejarige, van nalatigheid aangekla moet word.

Ndeitunga het dié onthulling telefonies gemaak nadat hy vroeër tydens 'n nuuskonferensie gesê het die ma van 'n vierjarige seuntjie van Uis, wat ook onlangs weggeraak het, sal vervolg word.

Dié kind is later dieselde dag moeg, honger en dors opgespoor, sê Ndeitunga.

Volgens hom sal dié ma van mishandeling en verwaarlosing aangekla word.

Oor die moontlike vervolging van Avihe se ma het Ndeitunga gesê dít en die klagte teen die Uis-ma is dalk wat nodig is om ouers te leer om na hul kinders om te sien.



roekeloos

'n Ander senior polisiebron het gister bevestig daar word oor Kaimu se moontlike vervolging beraadslaag.

Ndeitunga het gister skerp te velde getrek teen lede van die publiek wat beeldmateriaal roekeloos op sosialemediaplatforms versprei.

Dié mense kan die polsieondersoek in die gedrang bring, waarsku hy.

Sedert Avihe se geval rugbaar geword het, doen verskeie boodskappe en beeldmateriaal oor soortgelyke voorvalle die ronde, wat na bewering in Namibië en elders afspeel.

Die nasionale polisiehoof ontken dat hulle nie bevoeg is om die ondersoek te behartig nie of dat dit doodgeloop het.

Hy gee wel toe die polisie se pogings, wat verskeie huisbesoeke en klopjag­te ingesluit het, het tot dusver “min of nie genoegsame bewyse opgelewer wat tot die inhegtenisneming en vervolging van die verdagte(s) kan lei nie”.

Avihe is omstreeks 13:00 op Sondag 26 Augustus laas op die hoek van Romeinestraat en Biskop PKD Tjijombestraat in Katutura deur een van hul bure opgemerk.

Haar ma het haar vroeër tuis gelos en by iemand in hul woonbuurt gaan kuier.

Avihe het glo aan 'n ouer meisie gesê sy verlaat vinnig die huis, “maar sal gou terugkeer”, het Ndeitunga gister gesê.

Sy is omstreeks 20:00 daardie dag by die Katutura-polisiekantoor as vermis aangemeld.

Volgens die polisiehoof het die familie en die polisie daarná “verskeie pogings sonder sukses aangewend om die oorledene op te spoor”.

Haar erg verminkte lykie is twee dae later omstreeks 07:30 deur 'n lid van die publiek in 'n rivierbedding aangetref.

Teen gistermiddag het 'n skets van Avihe en 'n beloning van N$30 000 vir inligting ook nog geen vrugte afgewerp nie.

Die polisie het vroeër vandeesweek dié kunstenaarsvoorstelling uitgereik waarop sy in die kledingstukke uitgebeeld word wat sy ten tye van haar verdwyning aangehad het.

Ndeitunga het gister kommer uitgespreek oor “die huidige gesindheid van ons gemeenskappe, wat nie betrokke wil raak by die identifisering van die verdagtes of om die owerhede in te lig oor wat hulle gesien of gehoor het nie”.

Hy is seker iémand het gesien of gehoor wat met Avihe gebeur het “maar is traag om na vore te kom of die polisie by te staan om dié en ander walglike misdade op te los”, sê Ndeitunga.

Intussen het hy aangekondig die Ohlthaver & List-groep het N$100 000 geskenk om die ondersoek 'n hupstoot te gee.

Dié geld gaan volgens die groep se voorsitter, mnr. Sven Thieme, gedeeltelik aangewend word om met die Avihe-ondersoek te help.

Hy het gesê Avihe was 'n familielid van hul werknemers.

Hiernaas gaan die skenking ook bydra tot die pas gestigte Namibian Police Force Children's Protection Fund.

Volgens Thieme het die fonds ten doel om openbare bewussyn te kweek en om soortgelyke misdade te help hokslaan.

Die National Special Risks Insurance Association (Nasria) het eweneens N$10 000 tot dié fonds bygedra.

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

1 dag gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

1 dag gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

1 dag gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

1 dag gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

1 dag gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...