Aussies kan met 60 persent verbeter – Lyon
Die derde toets begin vanoggend in Kaapstad.
George Germishuys - “Om eerlik te wees, voel ek ons het in Port Elizabeth slegs teen 40% (van ons potensiaal) gespeel.”
Só het Nathan Lyon, wegbreekbouler van die Australiese toetsspan, Dinsdag by Nuweland oor sy span se nederlaag met ses paaltjies in die tweede toets in Port Elizabeth gesê.
“Het ons nog so 100 lopies aangeteken, sou dit 'n opwindende einde tot die toets gewees het.”
Tog voel Lyon nie daar is kwessies wat dramatiese verbetering verg voordat die derde toets vandag in Kaapstad begin nie.
“Dit gaan maar daaroor om in die derde toets mekaar te ondersteun op die veld en al die klein dingetjies beter uit te voer. Ons is 'n span met baie selfvertroue, wat graag opwindende krieket wil speel.”
Wat sy eie spelpeil betref, is Lyon heel tevrede. Hoewel hy in die eerste twee toetse net ses paaltjies kon laat kantel, het hy deurentyd druk op die Suid-Afrikaanse kolwers geplaas met sy gedissiplineerde lyn en lengte.
Die Protea-aanvangskolwer Dean Elgar het veral teen Lyon gesukkel.
“Ek voel ek het my rol tot dusver goed vervul. Ek moet krediet gee aan die Suid-Afrikaanse kolwers. Hulle het tot dusver goed gekolf op blaaie wat ons draaiers gehelp het.
“Ek moes al hier en daar 'n aanpassing maak, maar ek wil myself teen die beste spelers en in die mees uitdagende omstandighede meet en die reeks teen Suid-Afrika is presies dít.”
As dinge reg verloop vir Lyon, kan hy ook 'n groot mylpaal op Nuweland bereik. Hy kort net vier paaltjies om sy 300-tal in toetskrieket te bereik.
Shane Warne, Glenn McGrath, Dennis Lillee, Mitchell Johnson en Brett Lee is die enigste Aussie-boulers wat 300 of meer paaltjies in toetskrieket platgetrek het.
Die Australiese spanbestuur het bevestig dat Mitchell Marsh en Mitchell Starc fiks is nadat hulle vroeër met skete gesukkel het.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie