Aussie wen skof; Froome hou geel
Aussie wen skof; Froome hou geel

Aussie wen skof; Froome hou geel

Padfietsry
Michael Matthews (Sunweb) het gister se 16de skof van die Tour de France gewen.

Die Australiese fietsryer het die skof oor 165 km tussen Le Puy-en-Velay en Romans-sur-lsère in 3 uur, 38 minute en 15 sekondes in 'n naelrit na die wenstreep gewen.

Edvald Boasson Hagen van Noorweë, wat vir die Suid-Afrikaanse Dimension Data-span ry, moes met die tweede plek tevrede wees.

Hagen se spanmaat, Reinardt Janse van Rensburg, was die voorste Suid-Afrikaner en het die skof in die elfde plek klaargemaak.

Chris Froome (Sky) van Brittanje is steeds die draer van die geel trui. Hy het die skof in die 13de plek voltooi.

Hy het steeds 'n voorsprong van 18 sekondes bo die Italianer Fabio Aru (Astana).

Louis Meintjes (UAE Emirates) van Suid-Afrika is steeds in die algehele agtste posisie.

Kommentaar

Republikein 2025-08-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer