Augustus lyk na die maand van die steenbras
Die stand van die water gaan ‘n deurslaggewende faktor wees wanneer die groot hengelkompetisie Saterdag as een van die belangrikste komponente van die Hentiesfees aangebied gaan word. Al wat vanselfsprekend is, is dat dit ‘n steenbras of ‘n kabeljou gaan wees.
Hengelaars praat van plat of sterk water. Plat water is kalm seetoestande en met sterk water word ’n effense skop in die hengelwater bedoel. Sou die toestande plat wees, gaan dit in die guns van steenbras swaai, maar is die water sterker gaan ‘n kabeljou die gunsteling wees.
Baie hengelaars glo ook die seisoen bepaal die vis. Teen die einde van Augustus kom daar gewoonlik groter steenbrasse uit.
Galjoen, kolstert en baber kom langs die ganse oop kusgebiede voor met galjoen wat van ‘n effense skop in die water hou. Galjoen was tot enkele jare gelede veral ‘n wintervis, maar deesdae is die galjoene meer en vat dit ook in die somermaande die aas. Babers word oral langs die kus as ‘n byvangs beskou.
Pelsers en witmossels bly die gewildste aassoorte langs die Namibiese kus, maar baie hengelaars kombineer deesdae aassoorte met tjokka, seekatpoot en ander minder bekende aassoorte wat bygevoeg word. In belang van bewaring en toerisme is daar geen kategorie vir haaie nie. Wanneer haaie wel aan die hoek kom, word van hengelaars verwag om die hoeke versigtig te verwyder en die haaie dan terug in die water te help.
In alle gevalle moet die bepalinge van die viswet streng gehandhaaf word.
Die vanggebied is al die oop gebiede van Sandvishawe suid van Walvisbaai tot waar die Ugabrivier die grens met die Skedelkuspark vorm.
Die hengelkompetisie word deur die hengelklub van Hentiesbaai aangebied met ervare weegmeesters van die klub wat by die skaal in die tent in beheer gaan wees. Die weegmeesters se woord gaan wet wees en ‘n gekibbel sal nie geduld word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie