Auas Motors wys hoe sy veldryers lyk
Isuzu en Trailblazer voorste mededingers in hul klas
Deon Eysele
Vanjaar gaan Auas Motor sy uitstalling by die Bank Windhoek-Republikein-Motorskou sterk fokus op kampering. Die gewilde KB-300 dubbelkajuit-bakkie met sy sterk dieselenjin, sal met die beste kampeertoerusting moontlik toegerus word om aan skougangers te wys wat alles met die bakkie gedoen kan word.
Met die sesde geslag Isuzu KB-reeks wat oorspronklik uit Japan kom, het die vervaardiger seker gemaak dat die voertuie se onderstelle vir beter vraghantering, gemak, sleepvermoë, veldryvermoë en veiligheid van passasiers aangepas word. Groter balans en hantering is een van die glanskenmerke van die bakkies. Die enjin is verder na agter en laer in die neus geplaas om dit te kan bewerkstellig. Die onafhanklike voorste vering en die dubbele mikveringuitleg wat voorsien is van kronkelvere saam met skokbrekers, maak dat die bakkie ’n gevoel by jou wek dat jy in ’n sedan ry.
Isuzu se 4x4-modelle is agterlangs toegerus met bladvere van 1 360 mm wat bokant die agteras aangebring is en dit bied aan die voertuig beter grondvryhoogte vir veldrydoeleindes. Gasgevulde skokbrekers maak verder seker dat die Isuzu gemaklik ry en hanteer.
Vir diegene wat met hul bakkies wil sleep, bied die Isuzu KB 300 wat 3,5 ton met gemak sleep, die beste sleepvermoë in sy klas.
Dié nuutste dieseltegnologie met die D-TEQ enjins wat in die nuwe KB-reeks gemonteer is, word gebruik. Die 2,5 liter Isuzu D-TEQ-enjin lewer 85 kW krag teen 3 600 o.p.m. met ’n wringkragkurwe van 280 Nm wat tussen 1 800 - 2 200 o.p.m. beskikbaar is. Die 3,0 liter D-TEQ-enjin lewer 130 kW by 3 600 o.p.m. met ’n wringkragkurwe van 380 Nm wat teen 1 800 o.p.m. beskikbaar is en volhou tot 2 800 o.p.m.
Trailblazer
Auas Motors wat onder meer ook verantwoordelik is vir die bemarking van Chevrolet se Trailblazer wat twee maande gelede met ’n hele klomp nuwighede opgeknap is, sal ook by die Motorskou uitgestal word. Van die opknappings sluit nuwe kleure en toerusting in die kajuit in, opgegradeerde dieselenjins en ook nuwe tegnologie met betrekking tot ’n vermaak- en inligtingsentrum wat as Mylink bekend is.
Sedert sy bekendstelling in 2012, het die Trailblazer alle verwagtinge oorskry en vinnig aansien verwerf met sy veelsydigheid as veldryer sowel as algemene gebruiksvoertuig in stedelike gebiede. Met sy nuwe en verbeterde toerustingsvlakke en sterker enjin, is die verwagting dat die voertuie net gewilder gaan raak.
Dit is spesifiek die Mylink-stelsel waarop die vervaardigers baie trots is. Met die slim inligting- en vermaakstelsel plaas dit die voertuig gemaklik aan die voorpunt in sy klas. Dit word as standaard in al die modelle ingebou.
Nog ’n glanspunt en vernuwing is die sterker dieselenjins. Die 2,5-liter Duramax dieselenjin lewer nou ’n lewendige maksimum kraguitset van 120 kW en 380 Nm wringkrag. Die 2,8-liter Duramax dieselenjins lewer nou 144 kW krag en 500 Nm se wringkrag. Brandstofverbruik van beide enjins is ook heelwat beter as die enjins wat dit vervang.
Die twee Duramax-enjins word gereken as van die kragtigste en suinigste in hul klas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie