Auas Motors maak groot skuiwe met oog op toekoms
Deon Eysele
In pas met maatskappybeleid het die direksie van Auas Motors besluit die suksesvolle langtermynvoortbestaan en groei van die maatskappy, ’n duidelike verdeling tussen operasionele bestuur en strategiese fokus vereis. Dit is voorts van mening dat die maatskappy se sakestrategieë en sakemodel deurlopend aangepas moet word om met daaglikse aanpassings wêreldwyd tred te hou.
Gevolglik is besluit om die topstruktuur van Auas Motors te verander. Die nuut aangestelde besturende direkteur, Gawie Koekemoer, was voorheen direkteur van verkope en bemarking. Hy volg Frans van Staden op wat verskuif na Nictus Holdings (moedermaatskappy) waar hy die oorhoofse bestuur en strategiese rigting van ontwikkeling vir Auas Motors sal bepaal.
Gerhard Vermeulen is as nuwe hoof operasionele beampte aangestel.
Voertuignywerheid
Koekemoer het sy loopbaan ná sy studies as in-terne ouditeur by M+Z begin en is in 1995 as finansiële bestuurder by M+Z Motors aangestel. Hy het tot 2003 die pos beklee waarna hy besluit het om by Auas Motors as verkoopsbestuurder aan te sluit. In 2007 is hy bevorder tot handelaarshoof en in 2012 tot direkteur vir verkope en bemarking. Op 1 April vanjaar is hy as besturende direkteur aangestel.
In gesprek met hom oor die stand van die voertuignywerheid, het hy gesê die algemene verwagting van ekonome en operateurs is dat die volgende jaar moeilik gaan wees. Die verwagting is dat die skommeling van die rand waaraan die Namibiese dollar gekoppel is, plaaslike besigheid nadelig gaan raak. Hy sê die vloeibare SA politieke klimaat en die onstabiliteit wat dit tot gevolg het, laat die vrees ontstaan dat die geldeenheid tot so laag as R20 teen die Amerikaanse dollar kan draai. Dit, sê hy, kan ernstige uitwerkings hê op die invoerpryse van voertuie.
“Voertuie is nou al baie duur en as dit na die einde van die jaar met nog 6 – 8 % duurder moet raak, sal dit buite die bereik van meeste kopers wees,” het hy gesê. Hy reken groter fokus op gebruikte voertuie is dus ook deel van hul toekomsplanne.
Promosies
Volgens Koekemoer is Auas Motors voortdurend besig met spesiale promosies om die billikste moontlike opsies aan kopers te bied. Die jongste promosie is op die Isuzu KB240-bakkies wat sedert verlede jaar Augustus aan die gang is.
“Ons is maar altyd besig om planne te beraam en nuwe opsies vir kopers daar te stel om dit so maklik moontlik vir hulle te maak om ’n nuwe voertuig te koop,” het hy gesê. Volgens hom verg dit dat lank vooruit beplan en groot finansiële uitgawes aangegaan moet word met onderhandelinge oor sekere voertuie met General Motors Suid-Afrika (GMSA) se fabriek.
Grootste verkoper van Isuzu
Auas Motors Windhoek het oor die laaste sewe jaar die onderskeiding behaal dat dit jaarliks die meeste Isuzu-bakkies van alle handelaars van GMSA in suidelike Afrika verkoop het. In dié jare het Auas Motors ook daarin geslaag om die gesogte bakkie as handelsmerk onder die voorste verkopers in Namibië te vestig.
“Daar is soveel goeie voertuie in die mark en dit is nie maklik om jou handelsmerk te laat seëvier nie. Met ons spesiale aanbiedinge en promosieveldtogte wat deur middel van GMSA vir ons moontlik gemaak word, is ons in staat om klante te lok,” het hy gesê.
Hy sê die produkte het almal ’n vyf jaar, 120 000 km waarborg asook ’n vyf jaar, 90 000 km diensplan wat by die prys ingesluit is.
Landwyd versprei
Auas Motors is een van die grootste handelaarsnetwerke in die land met takke in Windhoek, op Gobabis, Mariental, Otjiwarongo, Ongwediva, Swakopmund, Walvisbaai en Tsumeb. Daarbenewens het die maatskappy ook sewe gemagtigde dienssentrums op meeste ander groter sentra van Oranjemund tot op Katima Mulilo om klante by te staan en voertuie te versien en te herstel.
Ter afsluiting het Koekemoer die versekering gegee dat kliënte daarop kan staatmaak dat hulle dieselfde diens en gehalte produkte kan verwag as dít waarvoor Auas Motors bekend is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie