Auas Hills vier Kersfees

Augetto Graig
Augetto Graig - Die spoggerige Auas Hills-ouetehuis in Windhoek het die ­afgelope Vrydag 'n vroeë Kersfees gevier.

Suster Jean Opperman en haar span van die Welwitschia-­familiekliniek (WFC) het gesorg dat inwoners en hul kinders vreugde en gesonde kos in oorvloed kon geniet.

Fabulous Catering, wat sorg dat die oues ­daagliks gesond eet, het die spyseniering vir die ­geleentheid gedoen.

Die kompleks se sonnige binnehof was in vrolike Kersversierings getooi.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer