AU-hoë besoek Namibië
Die voorsitter van die Afrika-unie (AU) se kommissie, mnr. Moussa Faki Mahamat, besoek Namibië vanaf vandag op uitnodiging van pres. Hage Geingob.
Die besoek duur tot 10 Mei.
Volgens ‘n verklaring van die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking beklemtoon die besoek die belangrikheid waarmee Namibië die AU bejeën, asook ook die waardering wat dit vir Namibië se lidmaatskap en bydrae tot die aktiwiteite van die organisasie in die algemeen het.
Tydens die besoek sal Faki Mahamat gedagtes met Geingob en ander Namibiese instansies wissel oor die kernprioriteite van die AU, waaronder kontinentale integrasie, vrede en veiligheid as institusionele hervormings by die AU.
Faki Mahamat sal ook ‘n welwillendheidsbesoek aan oudpres. Hifikepunye Pohamba bring.
Die Namibiese sakegemeenskap sal ook die geleentheid kry om sy afvaardiging te ontmoet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie