Atlete kan weer beste voet voor sit

Andrew Poolman
Baan- en veldatlete van oor die land heen is gemotiveerd om môre by die derde van Atletiek Namibië se tien Grand Prix-byeenkomste vir die jaar vinniger, hoër en beter te presteer.

Die eerste byeenkoms verlede maand op Swakopmund is goed bygewoon en die wyse waarop toeskouers twee naweke in Windhoek se Onafhanklikheidstadion nog bankvas bly sit het totdat die laaste aflos afgehandel is, getuig hoe graag sportliefhebbers weer wil uitkom pawiljoene toe.

Die jong Tuané Silver se nasionale rekord in die gewigstoot was ’n hoogtepunt van die geleentheid in Windhoek.

Die program vir môre:

09:00, 5000 meter mans.

09:30, gewigstoot mans, verspring mans, diskusgooi vroue, hoogspring vroue, 100 meter hekkies vroue.

09:45, 110 meter hekkies mans.

10:00, 1500 meter vroue.

10:15, 1500 meter mans.

10:30, driesprong vroue, spiesgooi vroue.

11:00, 400 meter vroue

11:30, 400 meter mans.

12:00, 100 meter vroue.

12:30, 110 meter mans.

13:00, 4x100 aflos vroue.

13:15, 4x100 aflos mans.

FOTO’s Andrew Poolman

André Retief klop FC Pieterse in die 400 meter hekkies vir mans met ’n wentyd van 54.62 sekondes.

Mahmad Bock van Unam het dramaties oor die laaste meters vir Elvis Gaseb (Namib Lions) verbygesteek om die 200 meter vir mans twee naweke gelede te wen (21.42 teen 21.46 sekondes).

Tresia Kakede van Kakadhinwa-klub het die vroue 5000 meter in 18:32.86 oorheers.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer