Atlete groet voor Tokio-skouspel

Andrew Poolman
President Hage Geingob het die land se Olimpiese atlete en spanbeamptes aangemoedig om Namibië met trots te verteenwoordig, toe die delegasie na Tokio in Japan voor die naweek ’n afskeidsbesoek by Staatshuis afgelê het. Die naelloper Beatrice Masilingi (links) is reeds aangewys as een van die vlagdraers tydens die openingseremonie komende Vrydag, tesame met Christine Mboma (naelloper), Maike Diekmann (roeier) en Junias Jonas (bokser). Diekmann sal die eerste Namibiër in kompetisie wees wanneer haar eerste uitdunresies Vrydag beslis word. Ná die onverwagse nuus dat Dan Craven weens ’n positiewe Covid-19-toetsuitslag nie meer na Tokio sal reis nie, sal sy plaasvervanger Tristan de Lange reeds komende Saterdag die volgende spanlid in kompetisie wees in die padfietsresies vir mans. Ons spesiale bekendstelling van die land se Olimpiese span verskyn binne vandag se uitgawe. Foto Hesron Kapanga (Nampa)

Kommentaar

Republikein 2025-08-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer