ATKV vereer kuskantoor se Des en Anneli

Ronelle Rademeyer
Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) in Namibië het Donderdagaand tydens sy 20ste jaarlikse toekenningsgeleentheid weer verskeie Namibiërs met Donsies, Pluimpies en Veertjies vereer vir hul bydrae tot die bevordering van die taal. Die twee hoogste toekennings vir die aand het gegaan aan Des Erasmus en Anneli Erasmus van Republikein se kantoor op Swakopmund. Des het ’n oorkonde ontvang vir sy lewenslange bydrae as bekroonde skrywer, joernalis en redakteur tot Afrikaans en joernalistiek in Namibië. Dit is aan hom oorhandig deur mnr. Marco van den Berg van die ATKV se hoofkantoor in Suid-Afrika (foto links). Anneli Erasmus, wat net soos Des diep spore in die joernalistiek getrap het, is met ’n Afrikoon-toekenning vereer. Dit is deur mnr. Riaan van Rooyen van Bank Windhoek aan haar oorhandig (foto regs). Foto's Ronelle Rademeyer

Kommentaar

Republikein 2025-09-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer