Astrante sportnuts vir Mej. Namibiu00eb
Astrante sportnuts vir Mej. Namibiu00eb

Astrante sportnuts vir Mej. Namibië

Ronelle Rademeyer
Mej. Namibië, Chelsi Shikongo, sal voortaan in 'n kompakte sportnuts rondrits. Pupkewitz Motors het gister 'n Toyota CH-R aan haar oorhandig.

Dit volg ná die storm in die sosiale media omdat sommiges die Toyota Starlet wat sy vroeër ontvang het, as minderwaardig beskou teenoor die Corolla Quest wat vir 'n tydperk van twee maande aan die eerste prinses, Annerie Maré, beskikbaar gestel is.

Dié motorhandelaar sê hy betreur die beweringe van rassisme wat hieruit voortgespruit het.

“As gevolg van voorraadtekorte wat veroorsaak is deur Covid-19-verwante onderbrekings in die voorsieningsketting, kon Pupkewitz Toyota nie 'n soortgelyke voertuig as die dinamiese Toyota Starlet wat aan Mej. Namibië toegeken is nie, aan haar beskikbaar stel nie en het dít gebruik wat onmiddellik in voorraad was, naamlik 'n Corolla Quest.
“Alhoewel hierdie voertuig 'n ouer model is en minder gepas is vir 'n lewenslustige jong vrou, het die bestuur die belangrikheid van die relatiewe waarde van die voertuie as statussimbool, oor die hoof gesien. Die bestuur vra verskoning vir dié onbedoelde boodskap en die woede wat daaruit voortgespruit het,” sê Pupkewitz Motors in 'n verklaring.

FOTO
Mej. Namibië, Chelsi Shikongo, rits nou in 'n Toyoto C-HR rond. Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer