Asseblief nie, oom
Kan kinders wat deur pedofiele gemolesteer en vir die maak van kinderpornografie misbruik is, van die trauma genees? Republikein het met sielkundiges oor pedofilie en die lot van slagoffers gesels.
Die land is vroeër vandeesmaand geskok met die nuus van 'n internasionale kinderpornografie-netwerk waarvan die meesterbrein na bewering 'n Windhoeker is en sy slagoffers verskeie seuns in die stad.
Mnr. Johann Maree (48) van Cimbebasia is in hegtenis geneem en het op 40 klagte van onder meer verkragting in die landdroshof in Windhoek verskyn.
Sy vermeende dade as pedofiel is oopgevlek nadat polisie in die buiteland die Namibiese polisie se aandag gevestig het op kinderpornografie op die sogenaamde dark web, of verskuilde dele van die internet.
Die hof het met sy verskyning gehoor nog klagte kan bygevoeg word namate die ondersoek vorder. Hy het na bewering ten minste 34 seuns oor jare misbruik – sommige so jonk as 8 jaar.
Mnr. Willem Annandale, 'n sielkundige van Windhoek wat spesialiseer in neuro-sielkunde en regsmediese werk, sê statistiek toon ongeveer 3% van die bevolking kan as pedofiele geklassifiseer word. Hy verduidelik dit word as 'n parafiliese versteuring beskou. (Sien die kassie hiernaas.)
“Die ekstreme gevalle waar die pedofiel baie slagoffers het en die gedrag oor 'n lang tyd voorkom, is baie skaarser. Van hierdie pedofiele ontwikkel strategieë om hulle slagoffers te lok. Hulle baat ook kommersieel daarby deur kinderpornografie te vervaardig en te verkoop.
“By sulke pedofiele is daar nie brieke nie. 'n Mens kan maar sê die poorte is oop,” sê Annandale.
Nie alle pedofiele is mans nie, sê hy.
Vroue kan ook pedofiele wees, hoewel dit minder algemeen voorkom. Sommige pedofiele is heteroseksueel en hul slagoffers is van die teenoorgestelde geslag; ander is homoseksueel of biseksueel.
Daar is ook pedofiele wat net in die familiekring optree, of self net bloedskandelik, sê hy.
Dr. Micky Pistorius, bekende Suid-Afrikaanse sielkundige en skrywer, sê die pedofiel kan iemand soos 'n onderwyser of sportafrigter wees wat in 'n vertrouensverhouding met die kind staan.
“Jy kry ook pedofiele wat nie kinders self seksueel molesteer nie, maar hulle net vir die vervaardiging van kinderpornografie misbruik. Vir hulle is die kinders 'n kommoditeit.
“Ðie FBI (Federale Buro van Ondersoek in Amerika) praat van so 'n kinderpornografie-netwerk as 'n 'child sex ring'. Daar is veelvoudige slagoffers en veelvoudige verbruikers betrokke,” verduidelik Pistorius.
Volgens Annandale het pedofiele sagmaaktegnieke waardeur hulle slagoffers se vertroue probeer wen. Enersyds materieel deur vir hulle goed te koop of te gee, of emosioneel deur hulle goed te laat voel oor hulself en só nader te lok.
Pistorius sê omdat kinders van 'n jong ouderdom nog onseker is van hulself en hul selfvertroue nog nie gevestig is nie, kan hulle maklik manipuleer word en is gevolglik baie kwesbaar.
Sy sê 'n algemene profiel onder pedofiele is dié van iemand wat self as kind gemolesteer is, en as volwassene 'n wantroue in ander volwassenes het en sy seksualiteit met kinders wil uitleef.
KAN PEDOFIELE GENEES?
Annandale sê as 'n pedofiel skuldig voel oor wat hy gedoen het en uit sy eie besef hy moet hulp kry, kan hy behandel word en die prognose is goed.
“Kognitiewe gedragsterapie werk vir mense wat gemotiveerd is om hul gedrag te verander. Die terapeut kan die oortreder help om insig te kry in hoekom hy die gedrag het.” Antidepressante word gewoonlik saam met kognitiewe gedragsterapie in dié behandeling gebruik.
“In erge gevalle waar daar nie respek vir wette en etiese en morele reëls is nie, is die kans op rehabilitasie swak. By sulke mense is 'n obessief-kompulsiewe persoonlikheidsversteuring moontlik saam met die seksuele gedragsafwyking aanwesig,” sê Annandale.
Hy wys daarop in agt state in Amerika word kastrasie, chemies of chirurgies, gebruik om te voorkom dat pedofiele met hul gedrag voortgaan. Die seksuele drang word dus verwyder.
“Daar is ook hormoonbehandeling, noem dit maar kastrasie light, om die hormoonvlakke van die oortreder te verlaag.”
EN WAT VAN DIE SLAGOFFERS?
Pistorius sê pedofiele rig lang termyn skade aan.
“Diegene wat kinderpornografie net verbruik sonder om kinders te molesteer, doen ewe veel skade, want hulle skep 'n mark vir die pedofiele wat kinders daarvoor molesteer en misbruik,” sê sy.
“Die kind wat op 11 of 12 'n slagoffer van kinderpornografie was, ervaar die skaamte en vernedering steeds as volwassene. Daardie materiaal bly bestaan en op daardie foto's bly daardie slagoffer vir altyd 11 of 12 jaar oud, selfs al is hy 'n man van 30.”
Pistorius sê daar is hoop. Slagoffers kan terapeutiese tegnieke geleer word. “Hulle kan geleer word as kind het hulle nie beheer oor hul keuses nie, want grootmense maak daardie keuses namens hulle. Maar as hulle groot is, kan hulle self die keuse maak. Hulle kan kies of hulle 'omdat-mense' of 'ondanks-mens' wil wees,” sê sy.
Volgens haar bly sekere mense slagoffers en voer aan dit is omdat hulle die trauma beleef het; ander beweeg aan en sê ondanks die trauma is hulle nie meer slagoffers nie.
Pistorius sê kinders het min kontrole oor hul lewe. As kinders deur die beoefening en bemeestering van byvoorbeeld sport die gevoel kry dat hulle in beheer is en groter kontrole het, voel hulle minder uitgelewer.
“Dit skei neuro-oordragstowwe af wat kinders positief laat voel. Hoe meer positief en gesond jou brein is, hoe meer positief werk dit op jou lyf en lewe in.
“As hulle sport beoefen en vir hulself sê vandag het ek iets bereik, voel hulle goed daaroor en begin kontrole terugvat.”
Annandale sê in die geval van kinderpornografie-netwerke, moet die kinders gelei word om te besef hulle was slagoffers.
“Hulle moet besef dit was nie hulle skuld nie. Hulle is mislei en verlei. Die feit dat hulle dalk aanvanklik van die oom gehou het en lojaal teenoor hom was, is nie hulle skuld nie. Hulle is onder valse voorwendsels gelok en daarby betrek.”
Dit raak al moeiliker om te verwerk as die persoon wat die skade aangerig het, 'n vertroueling soos 'n familielid of 'n predikant of onderwyser was, sê hy.
Volgens hom moet sulke slagoffers in terapie bewus gemaak word die gevaar bestaan dat hulle as volwassenes kan sukkel om normale verhoudings te hê.
“Met tegnieke kan dit reggestel word. Hulle kan hul vrees vir intimiteit oorkom deur selektief die regte mense na aan hulle toe te laat en nie vir ewig almal te verdoem omdat slegte goed met hulle gebeur het nie,” sê Annandale.
“Die prognose is goed as slagoffers besef hulle is méér as die produk van hulle omstandighede.”
Wat is 'n parafiliese versteuring?
“Wanneer iemand 'n intense en langdurige drang na seksuele stimulering het wat buite die normale, inskiklike seksuele verhouding tussen twee mense val, verwys ons in die sielkunde daarna as 'n parafiliese versteuring. Pedofilie word as 'n parafiliese versteuring beskou,” verduidelik Annandale.
“Mense wat aan hierdie versteuring ly, kan op 'n spektrum geplaas word afhangend van hoe ernstig die versteuring is en hoe nadelig dit vir ander mense is. Kruiskleding (of fopdossery) is byvoorbeeld 'n relatief onskuldige erotiese aktiwiteit wat nie ander skade aandoen nie. Dit lê laag op die spektrum,” sê hom.
“Iets soos ekshibisionisme lê hoër op die spektrum, want die persoon aan wie die ekshibisionis hom ontbloot, kan daardeur getraumatiseer word. So ook met voyeurisme.”
Hy sê pedofilie en sadisme is die ergste vorm van parafiliese versteuring en lê aan die ekstreme kant van die spektrum “vanweë die erge skade wat dit berokken”.
Annandale voeg by 'n belangstelling of neiging kan nie noodwendig as 'n versteuring beskou word nie. “As die gedagte vertroetel word, maar die persoon het 'n sterk etiese en morele ingesteldheid en pas selfbeheersing toe, ontwikkel dit nie in 'n versteuring nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie