As WhatsApp-groepies jou boos maak. . .
Petrus Malherbe – Maak jou werk se WhatsApp-groepies jou boos terwyl jy met verlof is?
Jy kan nie die groepies verlaat nie, want daar mag dalk belangrike dinge gesê word waaraan jy moet aandag gee sodra jy terug op kantoor is. Al skakel jy die kennisgewings af, sal jy steeds die boodskappe sien as jy WhatsApp oopmaak, wat beteken jy kan nooit afskakel nie.
Gelukkig wil WhatsApp binnekort ’n einde maak aan dié frustrasie.
Volgens WABetaInfo beplan die kletsdiens ’n nuwe “vakansiemodus”.
Dit gaan die argief-funksie wat reeds in WhatsApp beskikbaar is, gebruik.
Die huidige argief-funksie laat jou toe om enige gesprek of groep, na ’n argief te skuif sodat dit nie in die app sigbaar is nie. Die gesprek of groep word nie uitgewis nie, net weggesteek. Sodra daar egter weer ’n boodskap in die groep gestuur word, sal dit weer tussen al jou ander gesprekke verskyn.
Maar WhatsApp se vakansiemodus sal nuwe boodskappe in ’n gesprek wat jy na die argief verskuif het, in die argief plaas sonder dat jy dit sien. Die nuwe boodskappe sal saam met die oues in die argief gehou word sodat jy dit kan lees wanneer jy die vakansiemodus afskakel, en wens jy is terug op ’n tropiese strand met ’n drankie in die hand.
Volgens WAbetaInfo werk WhatsApp aan dié funksie en dit sal na verwagting eersdaags beskikbaar wees vir Android en iPhone. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie